Michael het geld nodig om na sy meisie en sy dogtertjie te kyk, maar hy soek al maande lank werk en kry niks nie. Sy vriend Warren vertel hom van ’n huis in ’n ryk buurt, waar die mense selde tuis is. Michael wil nie die wet oortree nie, maar wat anders kan hy doen? Hierdie storie is in Engels beskikbaar, hier.