Die mense oppie skerme klap hanne en lean in om ’n closer look vannie orb te kry. Hulle “Ooh” en “Aah” en praat in klompie veskillende tale, maa ek hoo ieman met ’n American accent sê, “But it’s so small?” Ammel is gefokus oppie goue ball. Ek stiek my weg agte ’n klein kassie.
Tapas hou ie ball voo sy hart. “This orb powers the entire community.”

Ek sug, ek’s al bored van Tapas se sustainability speech ie heeltyd hoo. Raak hy nie bored om vi maane dieselle ding die heeltyd te sê nie?
“But that’s not what we’re interested in, is it?” vra hy virrie mense oppie skerme. Hulle lag. Ek loer ommie kassie en sien hy project ’n video vannie skiem. Is sieke een van sy Tapa-drones wat record, wan die video is hoeg op.

“We want to see how the orb powers the individual.”

Die video zoom in oppie skiem, die camera zoom veby die lectric dome, die strate raak grootere, it fokus op een straat, en eventually zoom it in op een mens. Ek herken vi haa, Mrs Vigis. Sy wêk in haa tyn, lyk sy pluk loekwats van haa boem. Sy dra ’n silwer suit.

“An old woman, almost eighty years old. One of the firsts in our experiment. She used to struggle to even stand up straight. But now…”

Tapas gebryk sy pinky vinge om ’n pattern oppie ball te maak, “Soldier mode activate,” sê hy in sy robot stem.

Oppie skerm sien ek hoe Mrs Vigis opstaan. Die drone vlieg voo haa gesig. Haa oë skyn silwer.
“Lift,” sê Tapas met sy lippe ’n paa centimeters voorie orb.

Mrs VIgis se hanne skiet voo haa yt en sy gryp an ’n dik tak vannie loekwat boem. In een move trek sy die hele boem ytie grond yt. Sy hou it bo oo haa kop. Die sand vannie roots riend oo haa gesig, maa sy beweegie.

Ek sluk hard.

Die mense oppie skerm klap hulle hanne entoesiasties.

Tapas vat ’n bow asof hy op ’n stage is, “No longer do we need to depend on young men to fight our wars. With this orb and my silver suits, every citizen regardless of their age or gender, can be soldiers in service to your country. Finally, our elders will be useful.”

“A hundreed beelleeon!” sê ’n man met ’n dik Russian accent oorie skerm.

“We’ll pay one hundred and one billion!” skrie die American agtenaa. Die anne mense oppie skerme praat gelyk, skrie groot nommes yt.

Tapas sit ’n vinge oo sy lippe, tot hulle ammel stil bly. “We have only made this one orb and it will go to the highest bidder. I am glad to see all of your interest. But it’s only fair that I disclose that we are still in the development phase, there are a few kinks we need to work out. The major one being liquid interference. Unfortunately these suits are not yet waterproof. The suits are so concentrated with electricity, the technology will malfunction if it comes into contact with any water. But rest assured, my scientists and I are working hard to find a solution.”

Dai’s hoeko hy allie wate ytie skiem yt hou, soedat ittie sy experiment opmossie.

“Yes, Netherlands?” Tapas point na ’n skerm na ’n man wat sy hand innie lug hou soes ’n skoolkin in klas.

“Hallo, Nederlands here. Err, Tapas, who is det?”

Tapas lyk confused, “Me, I’m Tapas, that’s my name.”

“Ja of course Tapas, but I mean who is det?” Die man point en waai. “Det child over der by da cabinet? Hallo leetil one.”

Tapas drai om. Sy oë connect met myne. Ek ruk my kop trug agterie kassie en hou my asem op.

Ek’s onmiddelik spyt dat ek hientoe geko it. Tapas maak sy stem dik, “Watch this. All soldiers, there is an intruder in Tapa Headquaters. Top floor. Commence protective action. ATTACK!”

Vertel ôs: Wat dink jy van Tapas se plan?