“Hallo, ek’s hie om vi Mnr. Tapas te sien,” sê ek virrie uncle voo Tapa Headquaters. Ek ken hom, hy was ’n ou taxi driver, maa nou is hy ’n security guard met ’nTapa-suit aan.

“Het jy ’n appointment?”

“Nee, maa ek wil vi Mnr. Tapas my art wys.”

Hy skut sy kop.

“Asseblief uncle, het jy gesien wat hulle met ôsse rivier doen? Ôs kannie niks daaoo doe …”
Hy maakie deu net soe in my gesig toe.

Ek kyk op narie massie skyskraper ennie lectric grid vannie dome wat bo oorit glinster. Ek wiet Tapas is daa bo êrens. As ek net by hom kan ytkô kan ek hom een van my portraits in wate paint, en dan kan hy sien hoe belangrik it vi ôs is, nie net om te drink en bad ie, maa is deel van ôsse kultuur.

Ek’t ie laaste bottel wate wat ek en my pa daai eeste dag by Sparza rivier collect it in my watesak geskink. is sieke die ienagste wate innie skiem.

’n Idee vang my onverwags. Ek drai weg vannie Tapas temple af met biewerage biene.

Ek staan innie next pad naby ’n drain. Ek wag totdat daa niks mense of karre innie straat issie. Ek sukkel ommie drain se swaa deksel op te lig, maa ek kry it reg en jump in.

Die groen goo wat Tapas na ôsse hyse pomp is dik en beweeg staarag. Is sticky en moeilik om deu te loep. Ek ken allie undeground tunnels en pype innie skiem, wan my pa het ’n hele map vannit oppie muur gehad. Hy wassie main een wat gereeld die pype moes weld en regmaak.

Ek’s vesieke ek’s nou onne Tapas se Headquaters. Ek klim ’n leer en druk staarag een kant vannie swaa deksel op. Ek sien bright wit tiles, ’n ry sinks en cubicles met Tapas se naam op elke deur. Ek’s in ’n toilet. Ek skyfie deksel oorie vloe en trek myself ytie gat innie vloer yt.

Die foyer is biesag, vol mense wattie opkykie. Hulle oë is geglue aan hulle Tapa-Tablets. Nieman vat note van my ie. Ek vattie elevator saam klompie mense en druk 82, die hoegste nomme, dai moet Tapas se vloer wies. Allie anne mense innie lift klim af voo my. Ek ry allien op. Ek gaan op my hanne en knieë voorie elevator deure byrie top vloer oep ga.

Gelukkag issie secretary se desk hoeg, sy sien my nie. Ek crawl yt. Sy’s oppie phone, “Yes, the meeting will commence soon, Mr Tapas is ready.” Haa phone ly aanhoudend en sy sê dieselle ding elke kee, “Yes, the meeting will commence soon.”

Ek crawl veby haa desk na n glasdeu. Dai moet Tapas se kantoo wies. Hy’s sieke daa binne. Ek waggie heeltyd dat ieman my gan vang, dat security my oppie cameras sal sien. Maa ek is nou binne in Tapas se space en nieman het nog ’n alarm of iets gedrukie. Ek try ommie glasdeu oep te stoot, maa it beweegie. Is geslyt.

Ek hoo hoë hakke agte my kô al nader. Issie secretary, “Yes, the meeting will commence soon…” repeat sy. Ek hou my hanne op, ek’s gevang. Sy hou haa Tapa-Tablet voo haa gesig. It block haa view van my. Sy druk haa dym by ’n lectric boksie langsie glasdeu in ennit gly oep. Ek crawl agte haa hakke binne.

Ek’s in ’n groot kame met klompie Tapa-TV big screens tiennie muur. Daa’s ieman op elke skerm. Som van hulle dra military jackets, hulle lyk soes ou portrette wat beweeg. Ek dink is ’n video conference call.

Skielik hoo ekkie gelyd van ’n sterk lectric buzz. Die klank ga deu my tanne. Allie biene in my liggam voel asof it vibrate. Ek wil omdrai en yt ga, maa ek stop, wan ek sien vi Tapas. Hy face ie mense oppie skerm en hou ’n goue ball in sy hanne bo oo sy kop, “Allow me to introduce you to, the Tapa-Orb.”

Sê vi ôs: Trust jy vi Tapas? Hoekô/Hoekô nie?