Last night I told Jonathan I don’t want to see him. I have too much going on in my life, Kian is so young, he needs my attention. And Angelo, ai, Angelo. What more can I say about Angelo?

I love Jonathan. Met my hele hart en siel is ek verlief op daai man. Last night we spoke on WhatsApp. Hy’t my gebel.

“Ek kan nie, Angelo het my nodig,” sê ek.

“Angelo het al twee van ons nodig. Moet my asseblief nie weggooi nie, Petronella. Ek is lief vir jou. Ons kan saam deur hierdie ding gaan.”

Ek hou my huil terug. Hy is als wat ek nog ooit oor gedroom het. En hy wil my hê , met al my baggage. Hy sê hy’s lief vir my. Maar my kinders het my nou nodig, nie ’n man nie. I need to make sure Angelo does not end up like his father. Having a man in my life will just provoke him further.

“Ek is jammer Jonathan, maar ek kan nie,” sê ek, en drop die phone.

Hy tik vir my ’n boodskap. Ek lees dit, en ek blue tick.

But today is a new day. Angelo told me he is done with the gang. My hart voel snaaks daaroor. So ’n vreemde gevoel. Amper soos die gevoel toe sy pa dood geskiet is.

No! I will not have a repeat of that. Nee, Vader, nee, asseblief tog! Ek bid.

Skielik lui my foon.

“Mevrou Petronella Adams?” vra ’n vrou toe ek antwoord.

“Ja, dis sy wat praat?”

“Mevrou, jou kind was betrokke met gangs, hy was amper gestiek deur vier ouens.”

“Wat! Waar is hy! Is hy veilig? Wat het gebeur?”

“Hy is veilig. Ons het hom hier by ons in die daghospital. Hy is net in skok. ’n Man het hom net betyds gehelp. Die man is in kritiese toestand, hy was gesteek.”

“Ek kom nou dadelik!” Ek kyk rond, gryp my skoene en handsak.

By die hospitaal sien ek my kind buite die ingang vir my wag.

Hy gryp my en huil. “Ma! Ek is so jammer, Ma! Ek wou net uit wees … hulle het amper my doodgemaak.”

“Dis okei, my kind. Ma is nou hier,” troos ek hom. Dankie tog hy is veilig. But who is the man that risked his own life vir my kind? “Waar is die man wat jou gehelp het?”

“Ma, dis Jonathan,” sê hy en huil.

Wat! Jonathan! Nee. Nee! I take Angelo’s arm and run into the building. Waar is my man? Please let him be okay, please let him be alive. I need to know that I haven’t lost the man of my dreams!

I go up to a nurse at reception. “Askies, ek is opsoek na ’n patient, Jonathan Adriaans?”

“Is u sy vrou?”

“A, nee, ek is sy neighbour en vriendin,” sê ek. “Hy’t ook my kind se liewe gered, hy’t ook my hart gewen, ek het hom gisteraand geïgnoreer … asseblief, sê vir my waar hy is!” huil ek.

My kind sien my trane, hy hoor my hartseer, hy gryp my hand. “Ek is jammer Ma …” sê hy.

“My kind, jy hoef nie jammer te sê nie, wees net dankbaar vir God se genade,” ek gryp ook sy hand.

The nurse smiles kindly. “Mevrou, jy kan deurkom, doktor wil met jou praat.”

“Ek sal hier wag, Ma,” Angelo says.

Ek gaan deur, en my hart klop hard. Het ek my kind gewen en my droomman verloer vir altyd?

They walk me through the cold corridors. So many lives lost within these walls. Public hospitals are never a pretty sight. En daar lê hy. Gebreek. My strong Jonathan Adriaans wat my kind se liewe gered het.

***

Tell us: What do you think about Petronella breaking up with Jonathan?