“Jonathan,” I whisper. He is sleeping, with a drip in his arm and a monitor beeping next to his bed.

A man in a white coat stands next to his bed, turns at the sound of my voice. “Hello, I’m doctor Louw. Your friend will be okay. He lost a lot of blood, but he’s strong. But for now he will have to take it easy, it will take some time before he’s up and walking again.”

Hy sal my nooit vergewe nie. Ek het sy hart gebreek, en my kind se skolliemaats het sy lyf gebreek. Wat sou hy nou met my maak?

“Sal hy ooit weer loop, Ma? Sal hy olraait wees?” vra Angelo.

“Ja, die dokter sê hy moet dit rustig wat. Hulle het hom amper doodgestiek.”

“Ja Ma, dit was amper ek. Dit moes ek gewees het!”

“Angelo, God het jou dié dag gered. Dit kon so anders gewees het.”

That’s the moment for him. I see the complete remorse in his eyes. The regret. The pain and hurt. But despite all that, I see a glimmer of hope. My kind, who almost turned into a skollie, has been given a chance in life now.

***

It’s a day later. Kian is nog steeds by sy ouma. Angelo lyk anders. Soos ’n nuwe mens. Prys God. Ek is so dankbaar vir sy lewe.

“Ma, ek wil met Jonathan praat. Is hy wakker?”

“Ek weet nie my kind, ek sal hom bel, dan kan ons later gaan kuier. Hoe voel jy my kind?”

“Ma, ek wil my liewe reg kry. Ek wil jammer sê vir Jonathan. Ek wil krieket spiel,” sê hy.

“Krieket? Since when?”

Since Ma het met my oor Pa gepraat, ek het baie oor dit gedink. Ek wil die gang los en die skool se krieketspan join. Ek wil met Jonathan praat oor dit, since he is my school’s cricket coach. Ek weet nie of hy nou met my oor dit sal praat nie.”

“My kind, ek is lief vir jou. Gaan praat met hom, ek is seker hy sal trots wees op jou. Ek is beslis baie trots op jou, my kind,” sê ek en druk hom vas.

Ek is seker Jonathan wil niks met my te doen hê nie. Ek het nog niks van hom gehoor nie. Ek wil huil. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek wil saam met hom wees. Ek bel hom.

Dit lui net.

“Hello?” antwoord Jonathan.

“Jonathan, dis ek … ek wil net sê … hello? Jonathan?”

Hy’t die foon afgesit. Hy haat my.

***

When we arrive at the hospital, I feel like waiting outside but I stand by the door instead, while Angelo goes into Jonathan’s wardroom. Maybe he will at least speak to Angelo, but definitely not to me. Veral as hy so gou die foon in my oor neergesit het.

“Meneer Adriaans,” sê Angelo.

“Angelo, kom hier, hoezit, my vriend?” sê Jonathan en gee Angelo ’n druk.

“Ek’s fine, meneer. Thank you for saving my life. Hulle het my amper doodgemaak.”

“Ek sal altyd hier wees vir jou, Angelo. Jy’s baie spesiaal vir my. En vir jou ma,” sê Jonathan.

“Ek wil die krieketspan join, meneer,” sê Angelo.

“Dis wonderlike nuus! Ja, beslis. Ek sal met meneer Jackson praat en jy kan begin oefen met die boys môre. As for me, I’ll be here for a while.”

“Ek voel so bad dat meneer nou hier moet bly,” sê Angelo.

Nee, ek sal fine wees. Die skool betaal my nog steeds,” lag hy. “Waar is jou ma?” vra Jonathan skielik.

“Ma wag buite,” sê Angelo.

“Hoekom kom sy nie vir my hello sê nie? Sy’t my vanoggend gebel, maar my foon het afgegaan,”

Gasp. Ek was vekeerd. Ek was vekeerd oor als! Hy is die een.

“Jonathan!” I go in and walk up to his bed.

“Petronella …” sê hy. Hy vat my hand, strokes my face and wipes a tear away as it rolls down my cheek. “Ek het jou so gemis,” sê hy en gee my ’n soen. Nogals voor my kind.

“Ma!” sê Angelo en lag.

I smile at him, then at Jonathan. “Jonathan, ek is so jammer vir als. Jy is die een, en is nog steeds die een. I need you in my life,” I say, holding his hand.

“Ek is hier, ek is hier om te bly, Petronella Adams, jy is my een.”

En net so begin my storie. The story of a mother who never gave up. The love story of a woman who thought she was not good enough, but indeed is more than enough. Ek is nie ’n niemand nie. Ek is ’n ma. Ek het drome. Ek is verlief op ’n man wat vir my ook liefhet. Ek is Petronella Adams vannie Bo-Kaap.

*****

Tell us: What did you think of this story?