Alleen in my huis, sonder kind, sonder man. Kian is by sy ouma vir die naweek. Angelo is nou ure lank weg. What on earth was Angelo doing leaving school so early, weet die Here alleen. Mxm, I can’t believe he swore at me like that, and nogals Jonathan too. My hart is so seer!

I’m still in shock because of what Jonathan said last night. Hy’t my altyd liefgehê. This is something new to me, the love of a man. The love of a good man. Maar my kinders, Angelo … Ek weet nie hoe om dit als te balance nie.

I walk up and down in the kitchen, until my foot hits something. Ag, die kind los sommer net sy sak hier! I move it and a plastic bag falls out. I stare at it. Wat die hel! Dagga? Dagga!

Die deur gaan oop. Dis my kind.

“Angelo! Wat de hel gaan hier aan?”

“Wat nou?” vra hy.

Ek sug. Hande op my kop. “Angelo. Is jy van jou kop af! Wat de hel maak jy met dwelms, huh? Ek het beslis nie vir jou so groot gemaak nie!”

“Ag Ma, dis ma’ net dagga, dis skaars drugs.”

“Kyk hierso, so begin dit altyd! Dit is dwelms! Dit maak nie saak watse soort dit is nie!”

“Ag Ma, kak man!”

Ek voel my bloed raak warm. I am on the verge of losing it. I am on the verge of beating the devil out of this boy.

“Jy is nie ’n skollie nie! Wat gaan aan met jou? Wil jy soos jou pa word?” Onmiddellik vlieg my hand na my mond. Ek het dit nie bedoel nie, maar ek is woedend.

Ek sien die trane in sy oë. “My pa? Ek weet nie eers wat van my pa geword het nie! Ma sê my niks! Ek wens ek was eerder by my pa as hier by jou!”

His words hurt me deeper than he will ever know. Not only because he hates me but because he fully well knows his father is dead. Is my kind nou suicidal ook? Liewe genade.

“Angelo, drugs is not the way. Verkoop jy dit?”

“Wat weet ma wat die way is? Huh? Ons het nie eers kos om te eet nie. Ons kry swaar. Ons sukkel. Daar’s niks anders vir my nie! Daar is niks anders as om ’n gang te join nie.”

I shake my head. “Angelo, you can’t be serious.”

“Ja Ma, ek is nie goed in skool nie. Die onderwysers hou skaars van my. Die kinders lag vir my. Ek wil net vir een keer in my liewe iets doen wat my soos ’n baas laat voel.”

“Dink jy rêrag jou toekoms is om dwelms te verkoop? Ek het nie nege maande ’n skollie gedra nie!”

Dit was dit. Ek gaan nie my kind verloer nie. Nie deur dwelms nie. Nie deur ’n gang nie. It was the moment of truth and he needed to hear the cold, hard truth of what happened to his father.

“Angelo, jou pa was betrokke met dwelms.”

“Watse soorte dwelms?”

“Alle soorte, dagga, TIK, mandrax, als.”

“Wat het gebeur ma? Het pa geOD?”

“Nee, my kind. Jou pa het nie eers dwelms gebruik nie. Hy’t dit verkoop, hy was …”

“Verkoep net? Maar dan wat …”

“Angelo, jou pa was geskiet toe jy nog klein was.”

“Geskiet? Maar … maar … hoe … hoekom? Wat van sy vriende?”

“Angelo, belonging to a gang doesn’t mean you have friends. Those people are not your chommies. Jou pa wou uitgekom het. He wanted to be done with it all. Jou pa was lief vir jou. He didn’t want to continue that thug life anymore. Hy was nog nooit rêrag ’n skollie nie. Hy’t maar net die verkeerde vriende gehad and before you knew it, he became exactly like them. A real skollie. Always in trouble. Hiding from the police. Gang fights right here outside my house. That is where your father was shot. Right outside our very house. He wanted to marry me, he wanted to have a family and be done with the skollie life, but it was too late Angelo. The life of a skollie is not a life of safety.”

Trane rol uit sy oë. Vir die eerste keer sien ek weer ’n kind in hom. My kind. My innocent child, trapped in the middle of a broken society.

“Ek is so jammer Ma, ek … ek wil nie soos my pa wees nie.”

***

Tell us: Do you think Petronella should have told Angelo the truth about his father?