Op hierdie dag, geoffer ‘n liefde so omhelsend
Werd meer as elke noot en munt
Vir my, ‘n plaasnaar, kaalvoet vent
Tot die laaste asem, ‘n bitterend
U liefhê had ek nie verdien
Tog het U iets in my gesien
Kyk hoe die omgee oor sy wange drup
Genade vasgevang in ‘n tydstip
Oor die Seun van Mens het die wind gesnkik
Die aarde doofstom geruk
Drie ure van donkerstip, die maan het gehuil
Die seegolwe onstuimig, die sonstrale het weggeseil
Abba Vader, U seun het gesaai
Sy versier na die mensdom verdraai
Ah, oplaas, ons almal is vry
‘n Nuwe aarde is vir ons uitgesny
Ons jubel en ons juig
Op ons knieë voor U sal ons ewig buig
O Abba Vader, o Abba Vader
Dier Kruis bring die volk nader – nader