Ek moet vinnag wies. Voo alles opdroeg en vedwyn. Ek’s ampe klaa mettie groot portrait wat ek oppie cement paint met wate. Ek lattie wate drip en samel tottie bliek asvaal cement na ’n swat-pers kleur veanne. Ek druk my kwas daa in en fokus hard om ’n straight lyn bo oorie potret se oë te trek. Ek fokus en hou ie pyp en kwas met altwie hanne. ‘n Druppel swiet rol byrie tip van my neus af. Ek lek my lippe en proe sout. Ek tellie kwas op en staarie gesig se woelage fringe. Wie is die? Ek wiet nooit wie se gesig ek tekenie.

Ek sien random gesiggies in alles. In wolke, in boeme, innie wit van eiers, innie foam wanne ek my ma se koffie roer, even in plein wit muure. As ek lank genoeg na ’n muur staar dan maak ek gesiggies yt ienage kol, vlek, paint bubble of ’n smee van waa ’n mosquito geklap was.

Ek’t van kleinsaf die gesiggies wat ek oppie muure sien geteken. My ma het gesê my drawings is creepy. Sy’t my soema in Sunday school gesit. Ek konnie vestaan hoeko my drawings different was assie colourful stained glass venstes innie kêk ie. Soe ek het my gesiggies oppie kêk se muure oek getieken. Allie kêk mense was kwaad vi my kuns.

Met my regte han aim ek ie kwas annie einde vannie lang silwer pypie narie middel vannie potret. Ek squeez ie pompie in my linke palm en spyt twie kee om neusgaaie te maak. My pa was ’n engineer, ’n welder, hy’t spesiaal vi my hierdie wate- slash paint-sakkie gemaak. Hy was moeg van anmekaa invoices vi property damages kry vi my graffiti. Soe hy’t vi my ’n complicated contraption gemaak; ’n Karrimor bag met ’n waterproof sakkie binne in. It het ’n pompie wat ek gebryk om wate op te syg ommie sak se blaas vol te maak. Annie regtekant stiek daa ’n lang retractable metaalpypie yt, is dun en ek kan ienage tipe kwas daa in sit. Toe my pa it vi my gie het hy gesê, “Die’s nou jou tool, Baby.”

Hy’t allie plante in osse tyn ytgetrek, die loquat boem afgekap, en concrete oo alles gesmee. Toe sê hy, “Die’s nou jou canvas, Baby.”

Sparza-rivier is ’n klein stroom wat regdeurie skiem loep. It het donke wate wat nes flat Coco-Cola lyk. Hy’t my dantoe gevat en gewys hoe ommie wate met my sak te pomp. “Die’s jou paint, Baby.”

Ek het nog ’n 2 liter bottel Sparza-river wate wat ôs dai eeste dag collect it. Ek hou it veilag in my kas, saam mettie anne bottels wate wat my pa vi my van reg oorie wêreld gebring it. Hy’t op ’n skip gewêk wat internationally getoerit en hy’t vesieke gemaak om wate samples van veskillinde plekke te kry. Hy’t my borrels riendwate van China gebring, wate van ’n dam in Amerika, ’n rivier in India en van ’n waterfall in Japan. Elke plek se wate maak sy eie colour oppie concrete. Maa ôsse Sparza-rivier is my favourite paint wan die rivier is soe vol nutrients die wate los ’n goue glint ure na it evaporate it.

Ek hou my kwas bo oo my portrait se lippe en wag vi ’n druppel om op ’n klein klip te val. Nou hettie vrou in my concrete prent ’n fabulous moesie. Ek tree agtentoe om my wêk te kyk. Die son stiek ennie vrou se bob beginne al te fade. In ’n paa sekondes gannie hele beeld heeltemal disappear. Daa sal niks trace van die vrou wiessie. My pa se plan het gewêk, nadat hy vi my die watesak gemaakit het ekt nooit wee op ’n muur geteken ie. Oekie in boeke of op papierie. Ek paint nou net met wate. Op sand, oppie pad, oppie pavement. Nieman sien my wêkie, wan it vanish vinnag.Is goed soe, ek willie hê my kuns moet mense kwaaf maakie.

Sê vi ôs: Wat dink jy vannie narrator se pa?