Die Wiskundetoets het nie goed afgeloop vir Babalo nie; sy het net deurgekom en Lerato het haar normale ‘A’ gekry. Babalo was woedend. Tydens pouse het sy Lerato gesoek en toe haar Wiskunde-eksamen vraestel voor haar gewaai.

“Jy het my nie behoorlik geleer nie,” het sy kwaad gekla.

“Jy het nie die finale studies ingesit nie want jy was te besig om met Andile te flankeer!”

“Jy het nie jou helfte van die ooreenkoms nagekom nie. Ek het jou gehelp om ’n ou te kry, maar ek het nog nie beter punte nie!’ het Babalo geskreeu toe sy oor die vierkant wegloop.

Net toe het sy Andile gesien.

“Haai Andile,” het Babalo koketterig gesê. “Sien jy daardie seuns daar oorkant? het sy vervolg, en gewys na ’n groep seuns wat hulle dopgehou het. “Hulle wens dat ek met hulle sal praat, maar ek praat met jou.”

Andile het opgekyk na die seuns, gewoonlik die ouens wat die gewildste by die meisies was. Babalo was reg, hulle het hulle dopgehou.

“So vandag is jou gelukkige dag… kry jou selfoon uit. Ek gaan vir jou my nommer gee.”

“OK…” het Andile gesê, uit die veld geslaan. Hy het in sy sak gevroetel toe Babalo haar nommer begin aframmel het.

“SMS my een of ander tyd. Miskien kan ons na die Starlight gaan. Dit sal pret wees. Totsiens!” En met ’n gooi van haar kop, het sy oor die vierkant gestap.

Die vier seuns het na Andile toe gekom.

“Het Babalo Chabalala nou net vir jou haar nommer gegee?”

“Jip,” het Andile gesê.

“Wow, man, jy is die gelukkigste ou. Jy moet haar bel.”

“Miskien,” het Andile geantwoord.

“Wat bedoel jy miskien? Almal wil met haar uitgaan.”

“Miskien,” het Andile herhaal. “Ek sal sien.”

In die weke wat gevolg het, het Babalo aanhou om Andile te volg met teksboodskappe, oproepe, en flirtasies by die skool as haar suster nie naby was nie. Al sy vriende het hom vertel hoe gelukkig hy was om aandag te kry van die meisie waaroor hulle almal gedroom het om mee ’n afspraak te maak. Andile was in konflik, want hy het regtig van Lerato gehou, en wou haar as sy meisie hê, maar hy was gevlei deur die aandag wat Babalo hom gegee het.

Hy het skuldig gevoel elke keer as hy saam met Lerato gewees het vir hulle normale hardloopsessies en afsprake. Hy het haar nie durf sê waarmee haar suster besig was nie. Tog kon hy dit nie beëindig nie –hy was te gevlei.

Een Saterdagaand het Andile saam met sy vriende Ben, Sipho en Xolisa gekuier. Hy wou eintlik met Lerato uitgaan maar sy was by die huis en besig om vir ’n Wetenskap-eksamen te studeer.

“Teks vir Babalo en vra haar om vanaand saam met ons na die Starlight te gaan,” het Ben gesê.

“Nee, ek hou nie so baie van haar nie. Ek hou eintlik van haar suster,” het Andile geantwoord.

“Hoe kan jy nie van Babalo hou nie? Elke seun in die skool sal moor om met haar te kan uitgaan. Sy hou aan met jou flankeer en jy ignoreer haar,” het Ben gesê, verbaas.

“Hy’s reg. Hoe kan jy haar laat wegkom? Komaan, bel haar,” het Sipho bygelas.

“Bel haar man,” het Xolisa ingelas.

Gou het al drie seuns gedreunsang: “Bel haar! Bel haar! Bel haar!”

“OK,OK. Bly stil!”

Andile het sy foon uit sy sak gehaal. Hy het geskryf:

Wil jy ons kry by Starlight 9nm?

Vinnig het die antwoord gebiep:

Sekr! Sien jo da!

“Gaan stort ouens. Ons gaan uit,” het Andile gesê.

Babalo het by die klub aangekom met twee vriendinne. Sy het Lerato se swart spandeks rok aangehad, maar met visnet kouse en blink kandelaar oorringe vir bykomstighede. Andile het die rok herken as die rok wat Lerato op hulle eerste afspraak aangehad het. Babalo het sexy daarin gelyk, aangesien dit aan haar goedgevormde boudjies en dye gekleef het.

“Hou jy daarvan?” het Babalo gesê, en in die rondte gedraai om die rok te modelleer.

“Ja, maar ek hou ook daarvan as jou suster dit aanhet,” het Andile verlangend gesê.

Komaan, raak vrolik,” het Babalo gesê. “Ben, kry vir hierdie seun ’n drankie.”

Gou was al die ouens aan die bier drink. En toe na ’n paar bottels was hulle almal aan die rondval op die dansvloer.

“Kry haar om jou te soen,” het Xolisa gesê.

“Ja, kry haar om jou te soen,” het Ben sleeptong gesê.

“Dan sal ek ’n foto neem en dit op Facebook pos. Jy sal die haan van die skool wees,” het Sipho bygevoeg.

“Hmmm… ek weet nie…” het Andile gesê.

Die seuns het Andile in ’n groep op die dansvloer ingetrek. “Soen haar! Soen haar! Soen haar!” het hulle saggies gedreunsing.

“OK,OK. Bly stil –sy sal julle hoor,” het Andile geantwoord.

Hy het oor die dansvloer gesteier, en sy arms om Babalo se middel gesit. Sipho het dadelik sy foon uitgehaal. Babalo en Andile het sulke sexy salsa-styl dansbewegings gemaak en toe het Andile vorentoe gebuig om haar te soen. Babalo het haar nie teëgesit nie, en op daardie oomblik het Sipho die foto geneem.

“Hierdie klub het koordlose internet. Ons kan dit nou pos.”

’n Minuut later was die foto op Facebook.

***

Vertel ons wat dink jy: Wat is jou opinie van hoe Andile en Babalo opgetree het by die klub?