Theo se pandemie-styl hoërskool-talentkonsert is om die draai en hy moet die trompet speel. Maar hy is besig om deur ’n moeilike tyd te gaan en sukkel om te konsentreer, veral om bladmusiek te lees. Al wat hy doen wanneer sy skoolwerk klaar is, is om RuPaul’s Drag Race te kyk. Die reeks maak Theo lus om die wêreld te wys wie hy werklik is. Maar het hy die moed? Sal sy ma verstaan? Wat sal die mense sê?
This story is also available in English – Werk It