Ek haal my sunglasses af om vesieke te maak ek sien reg.
Daai’s mos Patty wat soe innie vlak branders rol. Nogals in ‘n zebra print bikini.
Ek dog sy’s ‘n never-nude. Sy’s gewoonlik toegekap. Sy’s altyd gelayered met jerseys, jackets en doekies, even oppie waremste dae.
Patty moet sieke my gaze gevoelet wan sy maak haa way ytie water straight na my toe.
Mense draai hulle koppe soes sy veby hulle loep. Haa niggie haloep na haa toe mette handhoek om haa op te cover, maa Patty gryp net haa foon ytie kin se hanne.
Sy drip-dry voo my, “Hallo Mabel! Ek’s oek mos nou out the closet.” Ek sê geluk en skink vi haa ‘n bietjie sjampanje inne plastiek tumbler.
“I’m coming out as vet!” Sê sy en kyk my afwagtend aan.
Ek bly stil.
Ammel wiet hoe sensitive is Patty oo haa body. Sy’t ‘n tydtjie in juvenile detention gemang nadat sy haa stiefpa binne inne rolstoel gestiek et omdat hy haa heeltyd oo haa gewig geterg et. Self allie ou anties wiet hulle kannie vi Patty groet met hul, Haai jy’t lekke vetjies geraak’-mantra sonne om ‘n paa warm klappe te kry ie.
Ek kies my woorde versigtig, “Die’s ie eeste kee wat ek hoo ieman klim ytie kas yt vi…”
Patty haal ‘n ysblok yt my cooler boks en vryf it oo haa nek soes sy praat, “Vet wies? Ek’t altyd gedink as ek nooitie woord ‘vet’ hardop sê nie, as nieman daaoo praatie, as ek my liggaam wegstiek, as ek nooit ‘n bather dra nie, dan sal mense ittie notice ie.”
Sy sê issie TikTok-app wat alles veanne et. Sy wys my haa favourite videos;
‘n vet vrou dra veskillende outfits geïnspireer deu different ice cream flavours.
“Ek het ees gelag en vinnag veby sukke videos gescroll.”
‘n Overweight ou dans topless oppe biesage straat.
“Ek was skaam vi hulle kante. Ek’t gedink, wiet hulle nie hulle moet die goed weg stiekkie?”
‘n Dik vrou inne full body fishnet-ensemble met roller skates, glide oorie skerm.
“Hie kan ekkie ees na myself innie spieël kykie, maa die mense expose hulself soe virrie hele wêreld. Kyk hoe smile hulle innie videos. Die mense het miljoene likes en followers, ennie comments is soe nice.”
Patty sê it wassie eeste kee dat sy gesienet hoe mense wat haa bodytype is, geprys wôd. “Ek’t beginne dink miskien is ek vekeerd oo hoe ek sukke liggame sien. Ek het ure lank na hierdie mense se curves, dimples en stretch marks gekyk. Ek het myself gesê hulle is beautiful, ek het getry om myself te convince. Ees het ek simpel gevoel, maa hoe langer ek gekyk et, hoe mee normaal hettie liggame gewôd. Ennie lank daana nie was die liggame vi my rêrag pragtag. Ek konnie gloe it was soe maklik om my idee van mooiheid te expand ie. Is asof ek my brein rewire et. Toe kliek it; maa my body is net soe beautiful!”
Visuele exposure aan siekere liggame het eintlik veroorsaak dat Patty haa persepsie aan daardie liggame heeltemal verander et.
Representation matters.
Ek vra vi haa of sy al haa eie videos gemaaket?
“Daai’s presies hoeko ek vedag strand toe geko et.” Antwood sy.
Latere sien ek sy staan oppie hoegste rots, sy doen TikTok choreo tewyl haa niggie haa record.
Kinnes staar haa met oep monde aan. Som mense gie haa vyl kyke en skud hul koppe. Annes lag aspris ytspatlik hard. Die ou Patty sou hulle ammel versyp et.
Ek cheer vi haa van onne my rainbow umbrella af.
Patty waai vi my, sy klap haa hand drie kee teen haar maag, gryp haa rolle vas en skud it.
Disclaimer: This piece was first published in Chase Rhys’ Suikewate column in Rapport newspaper.
****
At Fundza, we value a positive, respectful, and inclusive community where everyone feels safe to share their thoughts. Please remember to keep your comments friendly, constructive, and free from any form of hate speech, bullying, or discrimination. Any comments containing offensive language, personal attacks, or harmful content will be removed, and repeat offenders may be banned. Additionally, do not share personal information about yourself or others. This includes, but is not limited to, phone numbers, addresses, or any other private information. Let’s keep the conversation welcoming, safe, and supportive for all!