Kort,
Maar kragtig
So het ek geword ,
Want lewe is soms hastig

Lewe is kort,
Maar deur swartekrag
Het ek plat op Aarde geword
Al leef ek ook n honderd jaar in een dag

Dit is lewe;
Tyd
Van goeie en slegte gebeure
Wat in een oogwink kan verdwyn

Lewe is soms stomp
Selfs n dag kan langer wees
Wanneer die klok die tyd stop
En geen bloed word meer deurgepomp

Maar die gedig is wel lank
Sodat my woorde kan aanhou spreuk
Sonder my asem
Nog klank,
Maar om ander tonge te laat beweeg