Die bloedrooi lorrie waai deur die sand,
skuur-skuur ry hy al op die rand.

Hy trek weg in sy eerste rat,
skielik moes hy ’n U-turn vat.

Dis die manne in die blou wat hom jaag.
Dis asof hulle hom probeer uitdaag.

Sy eerste telling was 21 man.
Waar op aarde kom die ander man vandaan?

Eerste draai links dan kort weer regs.

Gelukkig het hy ’n masker op
sodat niemand hom herken of sy tyd kan rob.

Mamma soek oral vir Boetie op die plaas.
Waar is Boetie dan nou so laat?

Agter die huis sit hy en speel
met sy denkbeeldige maat.

So vinnig soos die pandemie in ons wêreld ontplof
gil Mamma op Boetie oor sy klere vuil van stof.