Pikdonker nightmares
’n constant reminder van my reality,
wortel vannie evil is “main ouens”
wat laities gebruik
Al lig wat jy sien issie vonk van ’n lat
assie bullet it verlaat,
bruin lyke orals waa’ jy kyk
gunpowder al wat jy ruik

Jy’s geïndoctrinate met jou sports’ tracksuit
jou ou tannie suffer,
nie eens jou derra ka’ jou moderate
Soldaat vir ’n vlag
wat jou kain sien as terroriste,
so use die selle in jou pet?
Voo’ jy beland in die selle of
lood jou pet penetrate

Oorlog vi territory
nou is os ammel stats
elke bra se moord is nou
gang-related
Os val soes vlieë, os self-genocide
issie eens op die government se agenda,
bruin brasse se bodies stack op
en niemand in power debate it