Liewe Oumie

Ek wens Jesus kon sê hy het jou per ongeluk kom haal, maar toe nie. ’n Persoon met ’n suiwer hart en die mooiste persoonlikheid. My beste vriendin, my biddende ouma, my tweede ma is van my af weggevat. Jou laaste woorde sal altyd by my bly soos gister. You may not be a cancer survivor, maar met Jesus aan jou kant was julle groter as kanker. I salute you woman of strength.

Natuurlik is jy op ’n beter plek, maar ons mis jou so baie. Weet net, toe ek hierdie brief geskryf het was my hart stukkend en die trane het uit my oë uit geloop. Jou Bieshie mis jou vandag. Ek weet nie of ek die brief vir peace vir myself skryf nie, maar ek dink daar gaan nog baie briewe vir jou geskryf word. Sê hello vir Oupie, sy favourite madie het ook Donderdag verjaar.

Dankie vir die amazingste ma en aunty en ooms wat Oumie agter vir ons gelos het.

Ons is sooo lief vir Oupie en Oumie

Van jou Bieshie

***