Die blare bokant Sipho het in en uit Sipho se visie geswem. Die nag was nog warm maar Sipho het baie koud gevoel. Hy het gewens dat iemand hom met ’n kombers wou toemaak. Hy wou vra vir een maar almal was so ver weg, en hy dink hulle sou in elk geval nie omgegee het nie.

“My pa het vanoggend weer vir my gesê dat ek niks sal bereik nie,” het Pumela gesê, terwyl sy en Sipho teen die muur van die balkon by die skool geleun het.

“Dit is heeltemal onregverdig,” het Sipho geantwoord. “Jy is die hardwerkendste meisie hier.”

“Ek weet, maar niks is ooit goed genoeg vir hom nie. Dus het ek hom laasnag gesê.”

“Wat het jy vir hom gesê?” het Sipho gevra.

“ Ek het vir hom gesê: hou my dop. Dis wat ek vir hom gesê het. Hou my dop.”

Dit is die gesprek wat hy en Pumela gehad het toe hulle saam na Graad 9 toe is. Sipho het geglimlag en een of twee bemoedigende woorde gesê. Hyself het teen daardie tyd begin om ander mense van naby “dop te hou”, veral meisies. Veral vir Pumela.

Mihlali, Mpho en Kazadi het nog kom kuier, maar meestal as Sipho se ma nie tuis was nie. Hulle het almal begin drink en dagga rook, en sy het dit geweet.

“Kies vriende wat jou vorentoe sal neem Sipho, nie hierdie seuns wat jou net sal terugsleep nie,” het sy weer en weer vir hom gesê.

“Hulle is my beste vriende, Mamma,” het hy geantwoord. “Ek sal nooit my rug op hulle draai nie.”

Haar ma het haar kop geskud en haar tong geklik. Ek hou nie daarvan dat hulle hier rond hang nie. Hulle beteken die hele tyd moeilikheid. Let op my woorde, die tronk is hulle enigste toekoms. Wat gaan gebeur as hulle geen opvoeding kry nie? Hoe sal hulle geld verdien?”

“Hulle het hulle planne,” het Sipho geantwoord. “Hulle het drome vir die toekoms.”

“Watse drome? Watse planne?” Sy ma het haar stem harder gemaak: “Planne en drome kom saam met harde werk Sipho! Slegs met harde werk! Moet dit nooit vergeet nie, my seun.”

Sipho kon definitief sien dat Pumela met haar saamstem. Sy het ernstig op haar werk gefokus. Dit was egter die jaar toe sy met omtrent elke onderwyser by die skool begin stry het. En geeneen van hulle het daarvan gehou nie. Glad nie.

“Hoekom het jy oor alles ’n opinie Pumela?” Het Sipho haar tydens pouse gevra. Pumela is uit die klas gestuur die vorige periode, omdat sy met die onderwyser gestry het.

“Ek het reguit na die Hoof se kantoor gegaan,” het Pumela geantwoord, en haar vlegsels terug geskud, “en ek het vir hom gesê dat Juffrou verkeerd is in haar interpretasie van daardie gedig. Dit is oor seks, en ek is reg. Die meeste gedigte is oor seks weet jy Sipho, en selfs die hoof kon nie met my stry nie.”

Seks is nog ’n ding waaroor Sipho baie tyd gespandeer het om oor te dink. Hy het nie regtig ’n gedig nodig gehad om hom daarvan te vertel nie. Selfs op hierdie oomblik, terwyl Pumela met hom praat het hy nie vir die eerste keer opgelet hoe besonder mooi sy gelyk het as sy kwaad was nie.

Om die waarheid te sê, Sipho het begin om baie dinge oor Pumela raak te sien. Soos hoe die knope van haar wit skoolhemp begin het om ’n bietjie te span oor haar vol borste. Of die manier waarop haar heupe geswaai het en haar gladde bruin bobene teen mekaar beweeg het terwyl sy die trappe opgeklim het op pad na die klas toe.

Pumela het gewag en vir hom gefrons, in die middel van haar bohaai oor die Engels onderwyser.

“Wat?” het sy gesê, en haar palms na bo gedraai. “Wat nou? Jy luister nie!”

En hierop het sy haar skoolsak opgetel en na ’n groep meisies wat in die son staan beweeg. Vandaar het sy hom aangegluur, en toe omgedraai en iets vir Thandi gesê. Thandi het hard gelag, en hulle het albei omgedraai om na hom te kyk.

Dit was graad 9. Dit was die jaar toe Pumela hom dikwels vir dae aaneen alleen gelos het en by die meisies aangesluit het. Tog het sy hom dikwels vertel dat hulle haar almal tot die dood geïrriteer het.

Sipho het dit daardie dae geniet om huis toe te gaan. Mihlali, Mpho en Kazadi was gewoonlik daar rond in die middae, en hy het by hulle aangesluit. Hulle was gewoonlik by die plaaslike sjebeen, besig om sigarette te deel en stories te vertel.

Sipho het nooit enige geld gehad omdat sy ma nooit vir hom geld gegee het nie, maar een of twee keer het hy sy taxi fooitjie gebruik en nie skool toe gegaan nie. Hy het die geld aan sy vriende oorhandig en hulle het ’n kwart Black Label gekoop en dit saam gedrink.

Dit was gedurende een van daardie middae wat Sipho vir die eerste keer dagga gerook het. Mihlali het die pyp vir hom voorberei, en Mpho en Kazadi het gelag toe hy gehoes het toe hy probeer intrek het.

“Jy sal nie veel die eerste keer voel nie bra,” het Mpho gesê terwyl hy die pyp rondgestuur het, “Maar hou aan my ou, hou aan. Dis die moeite werd.”

En Sipho het. Hy het aangehou en hy het binnekort baie daarvan gehou. Na ’n rukkie, kon hy nie wag om van die taxi af te klim na skool nie, en dan die ouens te gaan kry sodat hy saam met hulle kon rook nie.

“Jy moet nooit dink ek is dom nie,” het sy ma reg van die begin af gesê. “Ek sien jou. Ek sien jou rooi oë en hoor jou lawwe gegiggel. Ek weet wat aangaan, en ek waarsku jou. Hierdie ding, hierdie dagga is nie goed vir jou nie. Hierdie vriende sal jou oor die afgrond stuur. Luister na my Sipho.”

Sipho het haar ignoreer. Hy het gekyk hoe sy elke Sondag kerk toe gaan, en hy het geweet sy het elke minuut van elke uur vir hom gebid terwyl sy daar was. ’n Deel van hom het jammer gevoel, maar ’n ander deel van hom het glad niks gevoel nie. Hy het nog steeds skool toe gegaan, en hy het nog bygebly. Alles was onder beheer.

“Jy bekommer jou te veel Mamma,” het hy gesê en probeer om haar ’n drukkie te gee, maar sy het weggetrek van hom af. “Alles gaan goed. Alles sal goed gaan. Jy sal sien.”

Daardie tyd het hy regtig geglo dit sou goed gaan. En vir ’n tyd het alles uitgewerk. Dit het regtig.

***

Vertel ons wat dink jy: Waartoe sou hierdie gevaarlike gedrag Sipho lei?