Iemand het Mavis geskud. Uiteindelik het sy haar oë oopgemaak. Die lig was helder in die sel en haar kop het gevoel of dit met watte gestop is. Haar mond was droog en het sleg geproe. Vir ’n paar wakkerword oomblikke het sy gedink sy was in haar bed by die huis. Sy het dikwels in haar kamer wakker geword, sonder dat sy kon onthou hoe sy by die huis gekom het. Maar dit was nie haar kamer nie. Hoe het sy hier beland? Waar was Sakhumzi? ’n Vrou het oor haar gebuk en het haar geskud. Dit het rof gevoel en sy wou haar stop maar sy kon nie haar arms beweeg nie.

“My sista, ek dink waaraan jy ly is erger as babelaas. Jy het ’n dokter nodig.”

“Ek het net ’n drankie nodig,” het Mavis gekreun.

“Haibo, my sista. Jy was uit van Vrydag af. Jy het hier gelê, gebewe en nonsens geroep.” Mavis het na haar gestaar. “Dis Maandag, sista. Ek het vir my ’n prokureur gekry en ek gaan hier uit.”

Mavis het na haar gestaar. Die meisie se stem was skerp. Dit het haar kop meer laat pyn. Sy wou net lê. Sy wou ’n drankie hê. Sy wou doodgaan –om van die pyn weg te kom.

“My sista,” die vrou het haar weer geskud. “Jy moet vra om ’n dokter te sien. Jy moet vra om ’n prokureur te sien. Vandag moet hulle jou hof toe neem, sodat jy kan teruggaan na jou kinders toe.”

Maar Mavis het nie geantwoord nie. Sy het net teruggesak op die bed. Dit het gevoel asof haar liggaam homself opeet. Die vrou kon nie stil bly nie. “My sista, ek dink nie jy hoor my nie.”

Mavis het met frustrasie opgekyk na haar. Hoekom kan sy nie ophou praat nie? Sy het die woorde in haar kop gesê maar geen woorde het oor haar gekraakte lippe gekom nie.

“Dis hoe dit hier werk sista. Hulle neem ons in hegtenis op Vrydagaand. Vandag is Maandag.” Mavis het alle tred met die tyd verloor. Van dag en nag. Al waarvan sy bewus was was haar pyn. “Dit beteken ons is in die hof vandag. As die polisie ons een dag langer hier hou is dit onwettig. Dan kan jy geld van die staat af eis.”

Mavis het na haar gestaar. “Dis waar, sista. Jy het ’n prokureur nodig anders sal niemand glo as jy vir hulle vertel dat dit daardie skobbejak kêrel van jou was wat skuldig is, en nie jy nie.”

“ Ek’s hierbinne van Vrydagoggend. Ek het net kos gesteel, maar hulle het my toegesluit.”

’n Skoonmaker wat die vloere gemop het het na die tralies van die sel gekom. Hy het reg voor Nosibusiso gestop en vir haar ’n geel waterbottel deur die tralies gegee. Toe het hy aangegaan om die gebied voor die sel skoon te maak en probeer om so besig moontlik te lyk.

“Ek sal met jou regmaak, my boeta, met die geld wat ek kry as ek op borg uitkom,” het Nosibusiso saggies vir hom gesê.

“Moenie bekommerd wees nie,S’bu. Ek weet jy maak altyd met my reg. Jy is my beste kliënt wanneer jy hier binne is.” Hy het sy emmer oor die vloer gestoot en dit het ’n skrapende geluid gemaak wat Mavis haar ore laat toemaak het.

Nosibusiso het die skoonmaker agterna gekyk toe hy by die gang af loop.“Eish, Ta Sive is die beste. Hy smokkel altyd vir my goedjies in wanneer ek hier binne is. Laasnag toe jy geslaap het het ek hom gevra om vir jou Brandewyn of iets net so sterk te bring. Vir jou pyn.” Mavis het regop in die bed gaan sit. Toe het sy bewerig opgestaan en na S’bu toe geloop.

“Is dit die Brandewyn?” het sy gevra, terwyl sy na die waterbottel gewys het wat Nosibusiso vasgehou het.

“Geniet my sista,” het Nosibusiso gesê, en dit vir haar oorhandig. Mavis het die bottel opgehou na haar gekraakte lippe. Haar hande het geruk. Sy het die bottel styf vasgedruk en gedrink en gedrink.

Haibo, my sista, stadig! Jy drink Brandewyn, nie water nie.” Maar Mavis het nie geluister nie. Sy was te dors. Dit was ’n mengsel van Brandewyn en coke, maar dit kon die pyn wegneem.

“Vinnig,” Sbu’ het die bottel by Mavis gegryp toe hulle swaar voetstappe by die gang hoor afkom het. S’bu het die bottel net betyds onder die bed ingerol. Dit het ’n kletterende geluid gemaak.

“Wat is daardie geraas?” het die beampte gevra toe hy voor die sel gestop het en die sleutels in sy sak uithaal. “Met watter nonsens is julle twee hier binne besig?”

Nosibusiso het vorentoe getree en teen die muur in die middel van die sel geleun. Sy het kwaad gelyk. Sy het sy vraag met ’n aanval geantwoord.

“Ons is van Vrydag af hier en al wat julle vir ons bring is brood en sop; julle vertel ons niks van ons sake nie. Wanneer gaan ons hof toe geneem word? Vandag, dis wanneer. Waar is die prokureur?”

“Jy vergeet met wie jy praat, feeks! Ek sal jou vir vyf dae opsluit as ek wil. “Wie dink jy is jy?”

“Hayi, suka, moenie dink daardie uniform beskerm jou nie. Ek sal seker maak jy verloor daardie simpel werk van jou as jy nie vir my ’n prokureur bring nie.”

“Hou op skreeu,” ’n ander polisiebeampte het by die polisieman aangesluit, “jy sal jou prokureur kry, jy sal jou dag in die hof kry.”

“Jy beter nou opsy staan,” het die eerste beampte gesê terwyl hy die sel oopsluit, “ons is hier vir jou vriendin, nie vir jou nie!”

Mavis het na hulle gekyk. Die Brandewyn het haar sterker laat voel. “Deur so na ons te kyk sal jou nie help nie,” het die vroue beampte gesê wat haar Vrydag gearresteer het. “Ons wil die waarheid weet oor wat jy en jou kêrel gedoen het. Ons wil weet waar kruip hy weg?”

“Moenie enigiets vir hulle sê nie” het Nosibusiso geskreeu. “Hulle kan vir jou niks vra nie – jy hoef niks te antwoord nie. Alles wat jy hier vir hulle sê kan teen jou in die hof gebruik word.”

Sakhumzi sal my doodmaak as ek hulle vertel waar hy wegkruip, het Mavis gedink.

“Ek gaan julle niks vertel nie, sisi, ” het sy gesê, en haar bes probeer om so dapper soos Nosibusiso te lyk. Dit is toe wat die beampte vir Mavis geklap het. Die klap het haar kop laat draai.

“Jy beter ons alles vertel wat jy weet,”en toe het hulle haar uit haar sel gesleep en met die gang af tot in ’n klein kamertjie waar hulle haar ingestoot het en die deur toegemaak het.

“Wat het jy op jou van daardie kêrel van jou? Dwelms?” Die vroue beampte het begin om Mavis te deursoek. Sy het selfs haar bloes uitgetrek reg voor die polisieman. Mavis het haar arms oor haar kaal bors gesit en haar borste probeer wegsteek vir hom.

Die vrou se hande was ru terwyl sy aan haar klere getrek het. Mavis het begin huil. As sy vir hulle die waarheid sou vertel sou Sakhumzi haar kinders en Nolovuyo seermaak. Sy kon nie toelaat dat dit gebeur nie. Maar sy kon ook nie in die tronk bly nie. Dit het haar doodgemaak.

“Wat wil jy hê moet ek sê, sisi? Ek weet nie waar hy is nie. Ek wil net huistoe gaan en ’n ma vir my kinders wees. Ek smeek julle. Laat my asseblief huistoe gaan.”

“As jy ons nie vertel wat jy weet nie, gaan ons jou hier hou. Jy sal nie jou kinders sien nie.”

“Maar daardie vrou het gesê–” het sy geslaag om uit te kry. Maar hulle het nie geluister nie.

Toe sy uiteindelik terug na haar sel geneem is, was S’bu weg en sy was heeltemal alleen.

***

Vertel ons wat dink jy: Dink jy manlike beamptes word toegelaat om te sien hoe ’n vroulike prisonier deursoek word. Hoe dink jy het Mavis gevoel?