Jy is die produk van liefde en guns,

Jong dogter van Jerusalem.

Jy besit n goddelike invloed van guns want

Jy is ‘n konings kind.

Jy dra’ n betroubare liefde en guns van God,

Teenoor mense, want uit sy volheid het jy ontvang.

Vanaf agt jaar-oud genade op genade.

Jy is die produk van wedergeboorte, guns:

Genade is jou goddelike hulp, en ‘n Deborah

Vrou is jou geboorte reg en roeping.

Jy is’ n produk van hoop, want deur geloof

Het jy die hart van ‘n moeder en die vermoe,

Van n soldaat, jou waarde is bo korale.

Jy is die produk van guns en heiligmaking

Suiwer en moreel sterk, geroepte dienaarres

Wat altyd by die Here hoor.