Dis warme weer, dertig grade,
my wortels lê diep.
Vriende wil my afdruk
in die warm grond met lugsinige pratjies.
Afguns en jaloersie kan my nie onder kry,
My self esteem en waarde le diep, my anker
En wortels is diep gegrond, in gebed
Ek is gemaak vir die hitte.
My lewe het ek aan my ouers te danke,
Kritiek kan my nie breek nie,
God se liefde hou my staande,
En ek was van kleins af liefdevol.
Van agt jaar oud kon ek voel hoe warm
trane my vange natmaak, lof en prys:
Respek en eer het my gebou.
Ek is gemaak vir die hitte
Ek wag op die Here, ek wag,
en hoop op sy woord,
My vertroosting is in die Here,
Meer as wat wagte wag op die more.
My wortels lê diep 21 jarige trotse
jongmeisiev an Jerusalem.
Blomme en vrolikheid beteken dankbaarheid,
Sukses is my naam, en gesindheid my kroon,
Ek is gemaak vir die hitte.