Droom vanaand wolksag.
Reis deur ‘n land van droomprag.
Oggend is ‘n stille skoonheid dief.
Oggend het nie drome lief.
Môre word jy droomloos wakker.
Die besef tref jou soos ‘n akker.
Is dit dan droomverdriet?
En jy wonder is als verniet?
Feëverhaal drome is veldskoon saam met die droomdief.
Los klasvakie dan eintlik net plofstof?
Is dit hoekom jy in die oggende wil ontplof?
Ek vra mooi, droomdief, gee vir my
Feëverhale in ruil vir my drome.
Dat ek ‘n hawe weer vind,’n feë Rome.
En so is ek dan in ‘n droomdief verlief feëverhaal vry.