It is al laataand wanne hulle intrek by Kimberley-stasie. Samuel stagger dronk vannie trein af, en Maxwell sê virrie boys hulle moet bly sit, hy gan gou afklim. Hulle pa klim heeltyd vannie trein af, om te roek by elke stop. Maa dan is hy net virre paa miniete af, en is wee op lang voorie trein wee vetrek. Maa op Kimberley-stasie, wag hulle baie langer vi hulle pa om wee trug te kom. Marco vra heeltyd vi Alfie of hulle nie oek maa moet afklim ie, just in case die trein begin ry sône hulle pa.

Narie eeste twie kee antwoord Alfie kalm dat hulle pa trug sal wies in tyd. Maa tienie derde kee kan Marco sien sy broe is biesag om sy patience te veloo. Marco wat voel hy is innie right om worried te wies, raak trug kwaad en sê, “Okay, maa moenie vi my blame as pa nie in tyd trugkô nie.” “Hy sal trug wies jou moron,” is al wat Alfie sê. En dan tien miniete later wôd hy reg bewys. Nou lag hy vi Marco wat worry vi niks en oo als. Alfie hettie tyd om te begin baklei met sy broe nie, wan sy pa het truggekom met chocolates, chips en drinks. Hy sê is als vi hulle, maa hulle moetie als op een tyd op ietie. Marco en Alfie dink dieselle ding oppie selle tyd, issie soe bad soevê om met hulle pa te travel ie.