Die wyn maak dat hulle pa vroeg al slaap. Die boys lê laataand nog wakke en praat. Marco oppie onneste bunk en Alfie boe. Hulle altwie wiet hulle gannie elke aand soe kan lê en praatie, wan hulle pa gan baie gou annoyed raak as hy nugte is. Maa dai wyn lat hom lekke diep slaap, soe daasie fout venaand ie. Alfie vra skielik vi Marco, “Wiet jy wat issie difference tussen om met Mammie en Pa te travel?” “Wat?” “Mammie wil altyd die meeste iet.” Marco moet lag vi dai, wan is waa. As hulle ma kos koep, iet sy nooit saam hulle nie. Dan lykit asof sy al een is wattie iet oppie trip ie.

Maa sy iet heeltyd tewyl sy die kos opdeel. Dai’s hoekom sy chubby is en hulle pa lyk soese marathon runner. Hy sal iet, maa net assit iets is wat hy baie van hou. Otherwise sal hy nie nog worry nie. Die oggen wat hulle innie Kaap angekom et, het hy vi hulle ’n fish ’n chips parcel gekoep by Captain Dorego’s. Toe vat hy ’n klein stukkie vannie vis, en lossie res vannie parcel virrie boys. Hulle konnit ie ees klaamaak ie. Tewyl hulle daa gesit en sukkel et om die fish ’n chips parcel te defeat, toe kom daa ’n homeless man veby en vra vi iets om te iet.

Hulle pa het ees getry om die man soese hond weg te jaag, maa Alfie het virrie man die chips gegie wat oo was, despite Maxwell wat sy vestand veloo oorie kind die kos weggie wat hy voo gewêk et. Marco was certain iets horrible gan nou gebee, maa remarkably het hulle pa it gelos. En net vi hulle ge-warn dat hulle nooit wee iets soes dai moet doenie.

Tewyl hulle in stilte stasie toe gestap et, narie Trans Karoo Trein, het Marco gedink anne dag ’n tydjie geliede. Hy en Alfie het gestaan byrie voorhek en praat by hulle antie se hys. In Bishop Lavis waa hulle antie geblyrit, het ammel heeldag gedrink. Oppie weekend hettit gelyk soes klomp zombies wat innie pad afstap. En tewyl hulle nog hulle top vyf game gespeel et, het Alfie in trane ytgebas.

Marco se brein het gerace om yt te figure wat fout met sy broe was, wie al hadder begin hyl et. Totdat hy op sy hurke gesit en hyl it. Toe hy finally homself compose, toe staan hy op en drai sy rug na die mense wat soes zombies veby loep, en sê, “My hart briek vi die mense wat soe min van hulleself dink en wie hulle liewens wegdrink. Is al. Daa’s niks foutie.”

Toe kyk Marco virre lang tyd die mense an wie sy broe lat hyl et en vi wie hy niks voelie. En dink sône ommit yt te blurt, dat dié die riede is hoekom hy soe baie van sy broe hou. Hy’t ’n secret life met secret gevoelens wat hy met nieman annes deelie, net met Marco, somtyds.