Een Vrydagaand het Sam my na ’n kroeg geneem nie ver vanwaar ons gebly het nie. Ek wou nie saam met hom gegaan het nie, maar hy het aangedring dat ek hom geselskap moes hou in plaas van om alleen te drink.
“Ek is net sestien en sal nie in die kroeg toegelaat word nie,” het ek vir hom gesê.
“Ek is die man van hierdie plek. (Ek is die hoof ou hier.) Die eienaar van die kroeg is ’n baie goeie vriend van my,” het hy my verseker. “Die wagte sal jou nie uitskop nie want jy is by my.”
Ek het my sonbril opgesit om die blouoog wat hy my gegee het, toe te maak, anders sou almal na my gestaar het. Ons het na die kroeg in stilte gery. Die plek was amper vol, maar ons het daarin geslaag om ’n tafel naby die hoek te kry. Dit was my eerste keer in ’n kroeg en die mense was so vrolik. Toe Sam ons drankies gaan bestel het, het ’n baie aantreklike lang man na my gekom. Hy moes in sy laat twintigs gewees het.
“Kan ek by jou aansluit?” het hy gevra. “Ek kan goeie geselskap wees, jy weet.”
.
“Dankie vir die aanbod , maar ek het alreeds geselskap en…” het ek gesê toe Sam my onderbreek het.
“Soos sy gesê het, sy het geselskap en jy moet gaan,” het Sam vir die jongman gesê toe hy ons drankies neergesit het.
“Waaroor het dit gegaan?” het hy gevra nadat die ou weg is.
Ek het aan my rooiwyn geteug. “Daar is niks om oor bekommerd te wees nie Sam.”
Ek het gehoop dat wat gebeur het nie in ’n geveg sou ontaard as ons tuis kom nie. Toe het twee jong meisies, waarskynlik twee jaar ouer as ek, in die kroeg ingestap. Die een wat ’n pers rok gedra het het vir Sam geknipoog oppad na die toonbank toe.
Ek het opgestaan en na die badkamer gegaan. Agter my kon ek hom hoor lag en flankeer met die twee meisies. Ek het teruggekeer van die badkamer en by ons tafel gaan sit, maar Sam was nie daar nie. Ek het veronderstel daardie twee dames het hom besig gehou waar hy ookal was. Die lang jong man het weer opgedaag en hierdie keer het hy langs my gaan sit.
“As jy hier sit, gaan dit moeilikheid veroorsaak”, het ek gesê en in sy swart oë gekyk.
“Wat maak jy by so ’n ou man?” het hy gevra.
Ek het ’n oomblik gewag en toe gesê, “Daardie ou man is die enigste persoon wat my so ver gehelp het. Sonder hom weet ek nie waar ek sou wees nie.”
“My naam is Akhona,”, het die jong man gesê en my hand geskud. “Jou gesig is nuut. Bly jy hier naby?”
“Lekker om jou te ontmoet. Ek is Rudo. Ek bly die afgelope paar weke nou hier,” het ek geantwoord. Toe het my palmsakkie van die tafel afgeval en terwyl ek geleun het om dit op te tel, het my sonbril ook op die grond geval. Akhona het gekniel om dit op te tel toe hy my blou oog sien.
“Jy hoef nie aan te hou om so te lewe nie, Rudo,” het hy gesê. “Jy hoef nie by daardie man te bly nie. Wat hy aan jou doen is verkeerd. ’n Man wat ’n vrou slaan is nie ’n man nie. Maak oop jou oë en sien jong meisie.”
Net toe het Sam teruggekom. Aan die uitdrukking op sy gesig kon ek sien dat ek definitief in die moeilikheid was as ons tuis kom.
“Laat ons nou huis toe gaan,” het hy kalm gesê, maar hy het my daardie streng kyk gegee as hy smeulend van woede was. Hy wou nie ’n kabaal in die kroeg opskop nie.
Hy het my hand woes gegryp toe ons by die kroeg uitgegaan het. Ek het gebewe van vrees en was bang om langs hom in die kar te sit. Sodra hy die deur van die woonstel oopgemaak het is ek met ’n vuisgeveg begroet. Ek het geskreeu van die pyn. Hy het my kop teen die muur gestamp en ek het flou geword.
Toe ek omstreeks drie uur in die more wakker word het ek ’n kloppende hoofpyn gehad. Die ingangshek was gesluit en hy moes die sleutels met hom saamgeneem het. Ek het sukkelend opgestaan en na die badkamer gegaan. Toe ek na my gesig in die spieël kyk kon ek oral bloed en bloukolle sien. Ek kon myself skaars herken.
***
Vertel ons wat dink jy: Is dit ooit geregverdig vir ’n man om ’n vrou te slaan? Wat moet Rudo nou doen?