1 person watching.
Ek try om my gesig ennie art gallery innie frame te kry.

Action!
Ek kam my vinges deu my hare. “Hey guys, it’s me. Julle sallie gloe waa’s ek venaanie! Nee, ek is heelwat boujie, hie by ’n gallery exhibition opening! AAAH!!”

769 people are watching. Ek flyster vi my fans, “Kykie ek wiet mossie vannie art life ie. Ek wiettie ees wie die artist issie, maa ek’s hie hoo!”

Ek leesie comments.
Darion_blunt23: Where u?
Stop-HannahTime: Is wee party venaan.
AaishaMel04: What you wearing today?

“Oh julle wil my outfit of the day sien? Is julle ready vi my fit check?!”

Ek sittie phone tien ’n vullisblik en step agtentoe tot my hele liggam oppie screen is.
“Die’s ’n Nike crop top. En ek het it gematch met die baggie jeans vannie 90’s, it was my ma sn. Jy wiet, vintage baby. En dan die dik Doc Marten boots mettie blomme op – limited edition.”

Ek steik my tong yt, wys ’n peace sign en tel my phone op.

Sammy_Joe: Slaaaaaaaay!

AmeenBush7: I love your style! Jy lyk stunning.

BabyKekeCpt: Hou op, ek’t ashma!

Simone1Classens: Yasss, it’s da boots fa may!

BenWIllis: Where u?

“Ek’s by ’n gallery my love. Yes, ’n arrrrrrrrt gallery! Ek is mos nou fancy! An intellectual! Cultured! The ministah of arts and culchah! HAHA! Actually, ek is net hie virrie free wyn. My roommate Jody is mos ’n freelance waiter en hy sê my altyd wanne hy by ’n event wêk waa daa free wyn is. Dan pre-party ek mos lekke. Wag waa’s Jody?”
Ek tellie phone op en kry vi Jody met ’n tray glase in sy hand. Ek vat ’n rooi een.

“Careful now, dai’s al jou vierde glas.”

“Huh ah nee Jo, is jy dan dirty, wat tel jy my wyn? Kô pose virrie cameras!”

“Stahp, ek wêk.” Jody protest, maa hy doen ’n vinnage pout virrie phone.

589 people are watching.

Ugh! Ek veloo altyd views as ek anne mense wys. My fans wil vi my sien. Ek moet my views op kry. My fans likes it wanne ek pranks doen. Ek drai die camera en wysie mense innie gallery.
“Kyk al die boring ou mense. Soe sturvy!”

Daa staan ’n vrou in ’n stunning wit suit, voo ’n foto van ’n groot pill. Sy’t ’n glasie rooiwyn in een han en ’n purse gecover met pearls innie anne han.

“Wil julle ’n prank sien?” Vra ek vi my fans.

1139 people are watching.

Ek loep narie vrou toe en gryp haa pearl purse yt haa han yt. Ek sprint weg.

“Help!” Hoo ek hoe skrie sy agte my. “Thief! They stole my purse!”

Ammel innie gallery drai na my toe.

’n Man met ’n lang baad tot by sy mag, staan voorie deu soedat ekkie kan ytgan nie.
Ek stop en lag.

“I’m only joking, it’s just a prank!” Sê ek en loep lag-lag trug narie vrou toe.

Ek gie vi haa die purse trug maa ek maak soes ek val en kap aspris tien haa soedat haa glasie rooiwyn oo haa wit suit spill. Sy gil. Die mense innie gallery gasp. Ek sit my han oo my mon en lag, wys my fans oppie foon hoe lyk sy. ’n Klompie colourful hartjies float op my screen.

“Ugh, you ruined my outfit! Why are you recording me?! Security!”

Oh my word, hoekô is sy soe extra? Sy roep soema security op my!

Ek haloep weg voo hulle my vang en gan stiek my weg in ’n klein donke kamer innie gallery.

Daa’s ’n projector innie kamer. Is ’n screening room.

3489 people are watching

Sharon_Bess: OMG jy’s wild!

BoniswaSidwaba8: Die’s hoeko ek jou kyk!

NandiHoraah76: u lit?

Iantoomuch: More pranks!

SammyJoe: Haha Im dead!

Cole88Fortune: Waa jy?

“Ek wiettie ek’s by ’n exhibition. Die artist se naam is, Ali Jacobs, ek het nog nooit van haa gehoorie. Maa sy’s obsessed met pills. Alles hie gan oo HIV. How boring! Wat is ôs dan innie 90’s, nee!”

Ek hoo ieman lag. ’n Man met grys hare sit op ’n bankie tiennie muur. Die kame is soe donke ek’t hommie ees genotice toe ek in loepie. Ek vra vi hom as hy my phone sal hou en my record. Ek staan voorie projector, my shadow block die depressing images van ’n graveyard.
“Ali Jacobs, girl, you don’t know what art is! Die is art!” Ek beginne dans. “Hulle moet vi MY in ’n gallery sit man. Wan Ali jy’s boring!”

Ek kry my phone trug vannie man, “Thank you, Sir.”

Hy sê, “Please don’t call me Sir. My naam is Ali.”

Sê vi ôs: Wat dink jy van pranks op social media?