Ek chill saam met Ncumisa op die trap. Ons bunk L.O. Ek haat dit, sy ook. Sy sê almal spot haar oor haar arms.

Ek haat dit want, wel, ek haat dit net. Ek word altyd laaste gekies. Dis mean. Hulle moet L.O. totally kanselleer. Die enigste mense wat daarvan hou is jocks.

Anyway

“Toe tel hy my op,” sê ek, “ en ek sweer, dis soos in ʼn movie.”

Oh my word,” sug sy. “En hy’s nog so aantreklik.”

Tell me about it. Ek het gedink ek droom.”

Ncumisa kyk net na my in verwondering. Miskien het sy ook ʼn geheime crush op David? Maar as sy het, is sy nie besig om kompeterend daaroor te wees nie. Ncumisa is een van my squad. Sy’s dope.

Nog voor ek weet wat aangaan, gaan die deur op die trapportaal bo ons oop en Mdu en Songezo kom by trap af, gryp my aan my baadjie. Lig my van my voete af en ontvoer my deur die deur waardeur hulle gekom het.

Ek veg terug. Ek probeer skree, maar Mdu sit sy hand oor my mond. Ncumisa gil, maar Songezo skop haar; sy rol by die trappe af. Dis so hectic, ek is so bang!

Ncumisa land aan die onderpunt van die trap. “Los hom uit!” skree sy, maar hulle het my klaar uit die trapportaal gesleep, en in die stoorkamer in waar die ekstra stoele gebêre word – ek weet nie hoe hulle die sleutel gekry het nie.

Dis pikdonker. Mdu trek ʼn toutjie en ʼn flou gloeilamp flikker onseker aan.

Mdu druk sy gesig in myne. “Weet jy wat jy is?”

My asem is vlak. Is dit die oomblik wat my al uit nagmerries wakker geruk het: die mes in my rug, die koeël in my kop? Ek het al die bloed gesien wat hierdie mans wil hê. Hulle wil moor, en ek weet dis waar; ek weet hoe intens hulle haat is; dit sou die wêreld kon verbrand tot net as oor is, so sterk is dit.

Hy klap my deur die gesig, asof hy my wil wakker maak. Dis toe ek besef ek was te geskok om te praat.

“Ek sê, begin hy, sy stem gevaarlik, laag, amper ʼn fluistering, “weet jy wat jy is?”

“Nee,” is al waaraan ek kan dink om te sê.

Daar is ʼn doodse stilte. Die soort stilte wat jy by ʼn begrafnis kry. Die soort stilte voor iemand doodgaan.

ʼn Pouse.

***

Vertel ons: Geniet jy die storie so ver?