Kago word wakker en weet iets is nie pluis nie. Hy soek om die huis rond en besef Tiger, sy hond is weg.

“Ma? Het Ma Tiger gesien?”

Sy ma was besig om reg te maak vir werk. “ Miskien het hy uitgegaan toe Spokes ingekom het.” Spokes is Kago se neef. Hy het snaakse ure, en gaan na “sy werk” as almal anders bed toe gaan; en sluip dan in net voor sonop. Niemand weet wat “sy werk” is, of waar hy werk nie.

Kago klop aan Spokes se deur. Hy kan hom hoor snork en steek sy kop in. “Spokes, het jy dalk vir Tiger gesien toe jy ingekom het?”

“Neee, ek weet nie man. Haai ek slaap oukei?” Spokes is so ’n niksnut. Hy gee vir niemand behalwe homself om nie. Kago wonder hoekom sy ma hom toelaat om by hulle te bly.

Hy maak die deur toe en kyk hoe laat dit is. Hy moet by die werk kom. Mnr. Alexander duld nie laat kom by “Builder’s Friend” nie en Kago het maar pas die werk gekry. Dit is in elk geval simpel om jou oor ’n hond te bekommer – klein seuntjie twak. Hy is nou groot, negentien en met ’n werk, herinner Kago homself. Hy het selfs ’n meisie – soort van: Jojo wat in die Voorrade afdeling werk by Builder’s Friend. Dit is nog nie vas nie, maar hy is seker sy hou van hom. Hy gaan haar een van die dae uit vra. Regtig.

* * * * *

Kago sluip presies om sewe nege-en-twintig by die deur in. Die Kombi was laat en hy moes die hele pad na die winkel hardloop. Mnr. Alexander het by die inpons klok gestaan.

“ Mens sou verwag dat ’n nuwe werknemer sy bes sou probeer om beter as al die ander te wees. Jy’s op ’n proeftydperk, of het jy vergeet?”

“Nee, Meneer. Maar ek’s nie laat nie.”

Mnr. Alexander klik sy tong. “Jy’s amper laat. “Jy beter harder as dit probeer.”

“Ja, Meneer,” sê Kago. Hy ken mense soos Mnr. Alexander. Hulle wil net hê jy moet hulle wys jy weet wie die baas is. So lank jy hulle bly verseker jy weet hulle is in beheer, maak nie saak wat die waarheid mag wees nie, los hulle jou uit.

“Haai Kago,” sê Jojo, terwyl sy verbyloop na haar kantoor. “Sien jou by middagete, nè?”

“Seker; jy weet mos, ” sê Kago. Hy glimlag vir haar en sy glimlag terug – haar mooi kuiltjie glimlag waaroor hy dikwels droom.

Kago trek sy oorpak aan, gryp sy handskoene en gaan na die laaiplatform. Hy geniet sy werk, alhoewel party mense mag dink hy is mal. Hy hou daarvan as vragmotors inkom volgelaai met sinkplate of houtplanke, en die ouens laai alles in die pakhuis af. Dit is goed om ’n taak te sien wat goed gedoen is. Hy tel die vragmotors af wat afgelaai is, en hou ’n oog op die pakhuis soos dit vol raak. Dit is bevredigend – ’n dag se harde werk.

Die sirene het afgegaan vir middagete en Kago is vinnig na Jojo se kantoordeur toe. “Ek is hier om die pragtige dame te vergesel ” sê hy.

Jojo glimlag. Hy weet hy is besig om te vorder met hierdie meisie. Dit is net ’n kwessie van tyd.

* * *

Vertel ons wat dink jy: Watter tipe ou is Kago? Hoekom?