Toe die vrou uiteindelik weer terug is op land, wag haar man, haar kinders en al die mense van die dorp vir haar. Hulle het ’n geweldige groot vuur gemaak wat in die donkerte knetter en kraak.

“En nou,” roep hulle na haar, “vertel vir ons ’n storie. Vertel vir ons ’n storie!”

6

Die vrou glimlag. Sy hou die skulp vas en sê: “Ja … Nal’ibali … hier volg die storie. Sssjjj. Luister nou mooi.”

En dit is hoe die eerste storie vertel is.

Daarna het die vrou die skulp teen haar oor gehou en nog baie stories vertel. En as hierdie die eerste storie is wat jy gehoor het, onthou net, daar is nog baie, baie stories.