Die reuseseeskilpad neem haar terug na die droë land en wag terwyl sy huis toe hardloop om vir haar man alles te vertel.

“O,” sê hy opgewonde. “Ek het baie beeldjies van diere, voëls en mense uitgekerf. Jy kan dit alles saamvat.”

Gou is die vrou terug op die strand met ’n klomp van die beeldjies. Weer duik die seeskilpad af, af, af na die seebodem.

5

Toe die koning en koningin die beeldjies sien, is hulle baie bly en gee vir haar ’n pragtige skulp.

“Ons gee vir jou en jou mense die geskenk van stories. Wanneer jy ’n storie wil hoor, moet jy die skulp teen jou oor hou en mooi luister,” sê hulle.

“Maar onthou,” fluister die koning in haar oor, “jou eerste storie begin met jou reis hierheen.”