Een nag droom die man dat die leeu nadersluip om hom op te vreet.

Die man gryp sy spies en skreeu: “As jy my wil opvreet, gaan ek jou doodsteek.” Die leeu word wakker en hardloop uit die hut. “Ek het geweet die man gaan my eendag doodmaak.”

Van daardie dag af is die leeu en die man nie meer vriende nie. Die leeu sal ‘n mens doodmaak as hy een kry. En die mens sal ‘n leeu doodmaak as hy die kans kry.

Dit is waarom daar gesê word: “As iemand jou vriend wil wees, moet jy eers die persoon se karakter leer ken. Jy moet weet of julle in vrede kan saamleef.”