Eendag, lank, lank gelede, het ‘n leeu uit die bos gestap gekom. Hy wou graag ‘n mens as ‘n vriend hê.

So het die leeu en die man vriende geraak.

Hulle het saam geëet en hulle vleis met mekaar gedeel. Die leeu het gesien die man is baie lief vir vleis. Die leeu was bang dat die man hom gaan doodmaak.

Die leeu het gedink: Miskien gaan die man my doodsteek met sy spies. Die man was weer bang die leeu gaan hom opvreet terwyl hy slaap.