This story has been specially created to celebrate World Read Aloud Day 2018 by reading-for-enjoyment campaign, Nal’ibali. Find this story in all SA official languages and find out more about the project here.

***

“Ek gaan vandag twee doele skop, Pa,” sê Neo terwyl hy sy sokkerstewels aantrek.

“En ek sal help deur nog drie doele by te voeg, Oom,” sê Priya,
wat pas saam met haar kleinboet, Rahul, by Neo se huis aangekom
het. Rahul dra sy helderrooi vuvuzela.

Neo se pa lag. “Wel, dan sien ek uit daarna om vyf keer hoera te skree!”

“Ek ook, Oom! Kan ek ook hoera skree?” vra Rahul.

“Natuurlik, Rahul,” sê Neo se pa terwyl hy vir Mbali help om haar skoene aan te trek. “Kom laat ons gaan!”

Hulle klim almal in die motor. Neo sit voor. Hy het al baie voor gesit. Hy is seker as sy pa hom sal toelaat, wanneer sy bene lank genoeg is, sal hy die motor kan bestuur. Dit lyk maklik. Rahul en Priya sit agter met Mbali tussen hulle. Hulle kielie haar en sy giggel.

Sommer gou is hulle by die sokkerveld. Hulle is net betyds sodat Priya en Neo saam met hul spanmaats van die Maqhawe-sokkerklub kan opwarm. Hulle speel vandag teen die Diamond- sokkerklub.

Onthou om seker te maak dat julle vandag daardie Diamond-span onder die stof speel sodat hulle ná die wedstryd hul naam moet verander na die Steenkool-sokkerklub,” sê hul afrigter.

Toe is dit tyd vir die spelers om op die veld te draf. Die skeidsregter blaas sy uitjie en die wedstryd begin.

Eers is daar min aksie, maar dinge kom gou aan die gang. Daar is ’n groot lawaai soos albei spanne se families juig en skree. Die bal is vir ’n rukkie in Maqhawe se gebied, en net toe dit lyk of hulle dit in Diamond se helfte gaan kry, steel een van daardie spelers weer die bal voor hulle weg! Tot halftyd verloop die wedstryd so.

“Ek’s verveeld! Julle het belowe julle gaan doele skop,” sê Rahul vir Neo en Priya toe hulle kantlyn toe kom.

“Ja. Mbali soek doele, Mbali soek doele,” herhaal Mbali. “Mbali wil slaap,” voeg sy met ’n gaap by. Neo en Priya lag net en hardloop terug na hul spanmaats.

Die uitjie blaas en die spelers draf op die veld vir die tweede helfte. Die wedstryd verloop soos in die eerste helfte … tot daar net een minuut oorbly!

Neo het die bal. Hy
kyk rond om te sien of
enigiemand van die
Diamond-span naby
hom is. Nee, hy’s
alleen. Hy hardloop
vorentoe en dribbel
die bal. Skielik
verskyn een van
die Diamond-
spelers. Neo kyk
hom reg
in die oë
terwyl hy die
bal tussen die ander speler se bene deur skop. Die toeskouers gil van opgewondenheid.

Nog een van die Diamond-spelers probeer vir Neo keer. Neo gee vinnig die bal na Priya toe uit.

Almal hou asem op toe Priya die bal kry en dit hard skop. LADUMA! Die doelwagter van die Diamond-span het nie eens die bal sien kom nie! Priya het ’n doel geskop.

En nie ’n oomblik te gou nie. Net toe
sy omdraai om die doel te vier, blaas die skeidsregter die eind uitjie! Maqhawe het die wedstryd gewen!

Neo is so bly dat hy na Priya toe hardloop en haar optel!

Saam hardloop hulle na hul spanmaats en die afrigter langs die veld, en toe dab almal. Priya en Neo hardloop na Neo se pa toe. Rahul blaas hard op sy vuvuzela.

“Dit was ’n vertoning wat roomys verdien, Priya en Neo,” sê Neo se pa. “Sal ons twee helde daarvan hou?”

“Ja! Ons hou van roomys,” antwoord Mbali namens hulle. Almal lag.

Neo tel vir Mbali op en dra haar toe hulle gaan roomys koop. Hy het dalk nie die twee doele geskop wat hy wou nie, maar hy het sy beste maat gehelp om die wendoel te skop! En Priya? Sy is gelukkig, want dit is haar heel eerste doel vir Maqhawe. Die geluid van Rahul se vuvuzela is soos pragtige musiek wat net vir haar gespeel word.