Saterdagaand. Die party is by Nita-hulle vanaand. Daar gaan drank ook wees. Nita se pa-hulle geen nie om nie. Of so sê sy.

Ek staan voor die spieël en trek my vingers deur my hare. Ek het klaar besluit om my Diesel jeans en Converse sneakers aan te trek. Maar watter T-hemp? Die swart Levi’s een met die kopbeen, of die rooi Quicksilver-hemp met die gebreekte engelvlerke?

Ek besluit op die Levi’s-hemp.

‘n Slim keuse, weet ek later toe ek by die party aankom. Daar is al baie jongmense.

“Jy lyk cool,” sê een van die girls vir my toe ek aangestap kom. Uit die hoek van my oog kan ek sien hoe sy na my boude kyk toe ek verbystap.

Ek wil nou nie brag of iets nie, maar ek het ‘n sexy ass. Dis van rugby-speel. Al daardie squats wat die afrigter ons laat doen. Ek glimlag vol selfvertroue. Hierdie gaan ‘n great aand wees, dink ek toe Nita na my toe aangestap kom.

VRAAG: Gaan jy gereeld na partytjies toe?