In ʼn dorp, ʼn seun Met ‘n defek’, word gesê “ʼn Abolisie!” Sê die kerk “ʼn Moffie!” Sê sy maats
Gooi hom met klippe! Steenig hom met woorde! Vermink sy siel!

Maar die seun het ʼn familie Wat veg en dien as skuld Hulle verjaag die maats Keer die klippe Suig die gif uit die wonde En laat hom grootword: In liefde.

Die seun glo dat God hom so geskape het Hy staan op uit homself,klim uit sy kas van verwarring en pyn En laat sy Lig skyn Vandag is die seun sterker as ooit. Die klip gooiers van ouds, Die veraaiers van die mensdom Die verdraaiers van die Woord Die afgewaterde Heiden-Christene, Kan net staar.
Verblind deur die lig, Die wit wit lig. En ek glimlag, want ek is vry.