Hy het begin jaloers raak
en my subtiel begin afknou –
fisiek en sielkundig.
Dit het begin met ’n pluk aan my hare hier,
’n ruk aan my skouers daar.
Toe begin dit al hoe meer gewelddadig;
klappe, vuishoue en later so ver as skoppe.
Dan was dit vir ’n tydjie hemels tussen ons
wanneer hy weer jammer was oor sy woedeuitbarstings.
Ek het hom vergewe want ek het groot geword waar my moeder
ook haar houe aanvaar het en by my vader gebly het.
Ek het gedink sy jaloesie en afknouery
was omdat hy my so lief het en my nie wou verloor nie.
Ek het begin glo dat ek die probleem was
en my afgesonder van my familie en vriende.
Ek was bang vir hom en het altyd gedoen soos wat hy vir my gesê het,
en gedoen soos hy dit gedoen wou hê.
Ek het ’n eensame, lewensmoeë mens geword.
Ek kon nie glo die hande wat my liggaam met soveel liefde kon bemin,
was dieselfde hande wat my liggaam so kon seermaak nie.
Die woorde wat hy my meegedeel het,
het my laat glo dat ek die oorsaak was van alles.
Almal wou weet hoekom ek hom nie los nie,
maar hoe verduidelik jy aan ander dat jy bang is,
dat jy maar verdra omdat hy jou sal treiter al is jy ook waar?
Hoe verduidelik jy dat jy hom maar net gelukkig wil hou
sodat jy ook gelukkig sal wees?
Hoe verduidelik jy aan mense dat jy hom probeer kalmeer
en laat besef dat om geweld te gebruik is nie ’n opsie nie?
Hoe verduidelik ek dat ek dit verduur het om sy volgende slagoffer te beskerm,
want sý mag dalk nie so sterk wees soos ek en dalk met letsels sterwe?
Hoe verduidelik jy dat hy jou dreig met woorde soos:
“Ek slaan jou bewusteloos, trek jou dan oor my skouer en
pleeg eers moord (maak jou dood) en dan myself, ek het niks om te verloor!”
Maar wat van my wat nog soveel wil bereik,
wat van my wat nog uitsien na ’n nuwe begin,
wat van my wat wag vir die dag dat ek vry sal wees uit sy kloue?
Ek kon net trane stort want hom woorde het my seergemaak
en hier dog ek om sonder hom te wees is nie die moeite werd nie
en om sonder hom te leef sal ek nie kan oorleef nie.
My lewe was een groot gemors.
Ek het opgegee op die liefde.
Die sielkundige en emosionele letsels gaan nooit weg.
Bly ingeskakel en vind uit hoe ek die geweld oorleef het.