Jy voel soos die man op die berg as jy vir my so tussen jou brasse terg.

Vir jou is dit niks behalwe ‘n grap, maar die woorde wat jy vir my sê laat my voel laer as ‘n slak.

Is reg, have fun at my expense, hulle sê mos lee blikke maak die meeste geraas, that’s why I don’t take offense…

Ja jou woorde maak seer, maar jy sal dit nooit reg kry om vir my te kan keer nie.

Ek het doele om te bereik, maar jy het nog tyd om op ander neer te kyk.

Boellies soos jy kry ‘n mens in elke dorp wat dink hulle is die kat se snor.

Boellies kom nooit vêr in die lewe nie, want hulle het meer tyd spandeer om iemand anders se liewe te ruïneer…

Niemand is perfek nie en daai is nie al te min, nou hoekom moet jy iemand af druk net vir die benefit van jou vriendekring?