Liefde is ‘n vreemde ding. ‘n Mens kan gelukkig alleen by. Toe ontmoet jy iemand en skielik raak jy verlief op die idée van liefde. Dis vreemd. Hoekom raak ons altyd verlief op die een wat ons nie kon kry nie.

Jy het soos ‘n hemel gelyk. Toe jy geglimlag het, het dit op my geskyn. Jou krullerige hare was daardie perfekte kleur: die kelur van goue sand. Jou putblou oe het my aan die oseaan herinner. Toe het dit gebeur. Ek het te ver gegaan en diep daarin geval. Ek het amper verdrink en jy het net daar gestaan envas na my gekyk. Toe begin jy skree dat ek self moet leer swem.

Jy het nie vir my gese dat jy alreeds ‘n meisie gehad het nie. Jy het gejok. My klein hartjie is deur jou gespeel. Jy het gedink date k dom was, maar jy was verkeerd.

Ek is ‘n orrlewende. Alhoewel ek amper verdrink het, lewe ek nog steeds. Alhowel ek pap was toe uit uit die water geklim het, is ek nie stukkend nie. Ek lewe nog steeds. Wk is n sterk vrou. Jy was net ‘n onnosele toeskouer.

Daar is nog baie ander oseane in hierdie groot wereld. Ek kan by enige een inval. Hopelik sal daar ‘n lyf wag daar wees. Hy sal my held wees en my dadelik kom red. Hy sal my hard prober red of saam met my verdrink.

Liefde is ‘n vreemde ding. Dit kan wonderlik of onnosel wees. Moenie op die idée van liefde verlief raak nie. Wag net ‘n bietjie vir die regte man. Tot daar ‘n wonderwork in my lewe sal wees, wag ek net hier, en koop ek my nuwe bikinis.