Ek was vanoggend by jou begrafnis en ‘n by het my gesteek. Ek het nie jou kinderagtigge lag gehoor nie wat ek gewoond aan was en maak my meer na jou verlang. Ek kan nie treurige stories skryf nie so hier is ‘n gelukkige een…

Mr gedagtes het soos kleinkgeld in ‘n beursie gespring. El onthou how snikwarm ons troudag was. Almal was in die kerk en daar was stilte. Die voels het buite in die take gesing, miskien was hulle net soos gelukkig soos ons.Ek kan al die mense se sagte praatjies onthou en how senuweeagtig ek was.

Ek het in ‘n glimlag uitgebreek toe ek jou die ander kant van die kerk gesien het. Die sonlig het warm op my gesig gegloei. Ek onthou hoe jy altyd my vertel het date my sproete jou aan die sterre laat dink. Die verskillende kleure van die kerkvensters het deur die hele kerk geskyn en dit het soos ‘n reenboog gelyk, jy het my ook kelurvol laat voel.

In die agterste re sit Oom Bert en Tannie Anna en hulle het hande gehou en ek dink oor jhoe sterk liefde kan wees, na dood ook.

Dit laat my lag as ek my pa se toespraak onthou, “Ek kan nie glo dat iemand andr=ers haar kan hanteer nie want sy was heektemal te veel vir ons!” Almal het van die lag uitgebars maar jou antwoord het hulle stil gemaak. “alhoewel sy my mal maak en ek kop verloor, wile k nie iemand anders he om dit te doen nie.”