Liewe Covid-19

Was ek bang? Ja, natuurlik! Hoekom? Om verskeie redes. Ek was vreesbevange om uit te gaan, om rond te beweeg, om inkopies te doen, om my medemens ’n handdruk te gee en te omhels. My braafheid was weg; dit het soos mis voor die son verdwyn net omdat ek bang is om die virus op te doen. Covid-19 ek haat jou, maar ek is terselfdertyd dankbaar want jy het vir my en die hele mensdom kom wys hoe belangrik gebed is en om appreciation te toon vir die geringste dingetjies.

Jy’t die mensdom ’n wake-up call kom gee, dankie dat jy ons eyes oopgemaak het. Jy het vir ons verskeie lewenslesse kom leer gedurende die lockdown.

Ons het verby mekaar gelewe, ons regering het uitmekaar geval, ons nasie het nie meer geweet wat dit beteken om ’n eenheid te wees nie. Ons was op ’n punt waar liefde verander het in haat en gelukkigheid verander het in eensaamheid, maar Covid-19 jy het ons view in soveel opsigte kom verander.

Jy’t ons kom leer dat ons die kleinste goedjies moet appreciate en om te adapt is nie altyd maklik nie.

Jy’t ons kom leer dat die lewe ’n spesiale geskenk is en dat ons dankbaar moet wees vir die opportunity wat God ons gee om nog elke dag wakker te skrik.

Jy’t ons kom leer dat familie, vriende en jou werk ’n blessing is. Dat die rykste companies binne weke bankrot verklaar kan word. Dat môre nie belowend is nie en dat ons elke dag in harmonie met mekaar moet lewe.

Jy’t ons kom leer dat gebed baie belangrik is. Dat ons dankbaar moet wees vir ons gesondheid.

Jy’t ons kom leer dat ’n eensame nasie een moet word. Dat ’n perfekte sprokieswêreld ’n lonely plek kan word waar ons God nodig het.