Afrikaans, my rots
Waar het ek jou gekry?
O afrikaans, my trots
Jy’s tog deel van my
in die Afrikaans huis
vind ek myself tuis
vir jou my ou maat
Gee ek tale prys
Afrikaans my rots
by jou wil ek bly
O Afrikaans, my trots
Want jy beskryf my
Jy is soms moeilik
En teveel vir die mond,
Maar jy smaak ook so heerlik ,
Jy’s goed vir my tong
O Afrikaans my ou maat
moet my nooit verlaat
al gaan ek iewers heen,
Wil ek steeds met jou praat.