Die wolke het weggegaan en die maan het helder geskyn. Die wind het bedaar en die growwe klank van die meisie se asemhaling het deur die nag geëggo. Sy was waarskynlik moeilikheid, maar Peter kon haar nie daar los nie. Hy mag onverskillig wees teenoor “skaapmeisies”, maar hy kon nie ’n meisie ignoreer wat duidelik beseer is nie.
Peter het haar van naby bekyk. Haar jeans was oopgesny aan die kante asof sy uit ’n gebreekte ruit geklim het. Sy lyk asof sy vir ’n tyd nie gewas het nie en haar oë was wild, soos ’n dier s’n wat nie aan menslike interaksie gewoond was nie. “Wat’s fout?”
“Ek het jou hulp nodig.” Haar stem was onreëlmatig en dit het gelyk asof sy enige tyd sou flou word.
“Ja, maar wat het gebeur? Is jy beseer? Jaag iemand jou?”
“Ek …ek weet nie.” Sy het oor haar skouer gekyk, toe terug na hom, haar oë gloeiend. “Ek het ontsnap. Ek dink nie hy weet ek is weg nie.”
“Hy? Waarvan praat jy? Wie het dit aan jou gedoen?”
“Ons moet uit hierdie straat kom. Vinnig. Voor hy weet dat ek weg is.”
Die meisie het Peter aan die arm gegryp en hom teruggestoot oor die pad in die parkie in. Haar greep was sterk. Sy het ’n dryf in haar gehad wat net deur vrees geïnspireer kon word.
“Wag!” het Peter gesê toe die meisie begin vinniger loop. Hy het gaan staan en haar na hom toe gedraai.
“Ek gaan nêrens heen voordat jy my nie vertel wat aan die gang is nie.”
“Hy het my ontvoer. Ons moet iewers heen gaan waar dit veilig is. Nou!”
“OK,OK.” Peter het sy stem laat sak, soos hy gedoen het wanneer sy hond beangs was deur donderweer. “Wees rustig. Kalmeer. Wat’s jou naam?”
“Melissa.”
“Goed. Ek is Peter. Kyk, ek sal jou na my plek toe neem. Jy sal veilig wees daar.”
“Dankie Peter. Komaan – gou.”
Hulle het teen ’n flinke pas na die Wilson’s se huis geloop. Hoe langer hulle geloop het, hoe meer het Peter getwyfel. Melissa het getraumatiseerd gelyk en hy het geensins getwyfel dat sy iets beleef het nie, maar hy het details nodig gehad.
“Hoe het jy ontsnap?” het hy gevra.
Sy het ophou loop en angstig na hom gekyk. Haar gesig was grys van vrees. “Asseblief. Ons het nie hiervoor tyd nie!”
“Ja ons het. Ek probeer jou help. Ek moet weet wat gebeur het.”
“Ek het weggekom. Dis al wat op hierdie oomblik saak maak.”
Trane het langs haar wange afgerol, wat hulle silwer strepe in die maanlig gegee het. Enige verdere gepor en hierdie pop sou uithaak. “OK, kom ons kom net by die huis.” Hy het beduie dat sy moes aanhou loop.
Hulle het saggies aan beweeg totdat hulle by ’n straat gekom het wat Crowley genoem is. Melissa het haar asem ingetrek toe sy die straatbord sien en selfs vinniger geloop. Peter moes draf om by te bly.
“Ken jy dié plek?” het hy uitasem gevra.
“Ek…ek… weet nie. Daar’s iets… Laat ons net vinnig hier deurgaan.”
Peter het gewonder hoe laat dit was. Dit was regtig koud nou, een van daardie ysige, helder, Kaapstadse winternagte. Daar mag selfs moreoggend sneeu op die Hottentots Holland-berge wees. Maar vir eers , het hulle ’n warm huis gehad wat op hulle wag. Dit sou selfs warmer wees as hy kon uitwerk hoe die verwarmingstelsel gewerk het. Hulle het ingegaan en Peter het dadelik na die termostaat gegaan en met die knoppies gepeuter.
“Dit behoort te werk,” het hy gesê.
Melissa het in die deuropening bly staan.
“Jy moet vries,” het Peter gesê en haar binnetoe beduie. “Kom sit.”
Sy het gekies om op die bank naaste aan die deur te sit.
Peter het sy hande saam gevryf en weer die termostaat gekontrolleer. “Miskien is daar ’n ander kontrole,” het hy gemompel terwyl hy na die knop kyk.
Melissa het een vuil voet oor die ander een gevryf en geril.
“Kry jy nog koud?” het Peter gevra.
Sy het geskrik toe sy die klank van sy stem hoor. “Nee. Net bang. Hy’s daar buite. Ek weet dit.”
“Sal jy daarvan hou om iets te drink?”
“Nee.”
“OK. “Wel, die beste ding om nou te doen is om die polisie te skakel.”
“Nee!” het sy gegil. Haar vroeëre wanhoop was terug.
Peter wou haar nie verder omkrap nie. “Goed, ons sal net praat.”
***
Vertel ons wat dink jy: Waarom wil Melissa nie hê dat hy die polisie bel nie?