Die Cupido’s se huis was nes ons s’n. Gebou in die sestigerjare, ’n vierkantige blok met ’n klein ingesnyde stoep. “Ons kan nie daar inkom nie” het ek gesê toe ons in die kort oprit opvlieg. “Iemand mag ons sien. Kom ons gaan na die agterkant toe.”

Die Cupido’s het dieselfde agterdeur as ons gehad en dit was natuurlik goed en behoorlik gesluit.

“Dis ’n yale-slot,” het Peter gesê. “Ons kan die venster breek en die knip van die buitekant oopmaak. Maar Charlene, as ons gevang word is dit inbraak en betreding”

“Wat daarvan? Ons kan sê ons het gedink dat ons iemand binne gesien het en dit was die enigste manier waarop ons kon uitvind. En dit sou die waarheid wees. Ek het iemand gesien. ’n Klein handjie Peter. Nie ’n man s’n nie. Ek wed jou dis ’n meisie.”

Ek het gestop. Weereens het ek hom hierin forseer. En ons was nie sy probleem nie. “Kyk Peter. Jy hoef dit nie te doen nie. Dankie vir al jou hulp.”

“Is jy heeltemal mal?” Peter was verontwaardig. “Dink jy ek sal jou hier alleen laat? Buitendien,” het hy geglimlag, “wat sal ek vir Melissa sê?”

Ek het sy hand gedruk. “Dankie, Peter Cho.” Ek het oor my skouer gekyk. “Ons beter gou maak. Hierdie vergaderings hou nooit baie laat aan nie.”

Peter het sy sweetpak om sy hand gedraai en die ruit met sy vuis gebreek. Die glas het gebreek en op die kombuisvloer geklingel. Ek het my hand deur die gat gestuur en die knip oopgemaak.

“OK?” Ek het sy hand vasgegryp.

Hy het my handdruk beantwoord. “OK Melissa Peters. Kom ons doen dit.”

Ons het deur die kombuis en binne-in die muwwerige, dofverligte gang gekruip. Al die deure was toe. Ek het by die een naaste aan die kombuis gestop. “Dit is waar ek die hand gesien het,” het ek gefluister. Ek het my oor teen die deur gedruk. “Ek kan niks hoor nie.”

Peter het saggies aan die deur gekrap. “Hallo,” het hy saggies geroep. “Enigiemand daar?”

En toe het ons dit gehoor: ’n dowwe skuurgeluid asof iemand die vloer krap. En toe, nog ’n geluid, harder hierdie keer. ’n Geklop.

“Charlene, kyk.” Peter het afgewys.

Daar voor ons gesigte was die sleutel.

“Gesluit,” het hy gesê.

“Ja…” het ek gegiggel (’n bietjie histeries moet ek sê) “van die buitekant.”

“Hy maak dit sekerlik maklik vir ons,” het Peter gegrynslag.

Hy het die sleutel gedraai en die handvatsel probeer. Die deur was styf.

“Hier” Peter het my sy sweetpakhemp gegee, toe sy skouer teen die deur gesit en gedruk.

Die reuk het ons getref voordat ons kon sien wat binnekant is.

’n Sterk reuk van ongewaste liggame en urine. En bokant dit was daar die skerp reuk van suur, bitter dierlike vrees.

En toe, die wilde gedempte klank van iemand wat sukkel om te praat.

Die kamer was donker. Baie donker.

“Ons kan nie die lig aanskakel nie” het Peter gesê. “Maak een oog vir ’n paar sekondes toe.”

“Waaat? Ons het nie hiervoor tyd nie,” het ek gesis (weer ’n keer).

“Doen dit net.”

Verbasend. Skielik kon ek vorms uitmaak. ’n Groot tafel in een hoek. En in ’n ander, twee saamgebondelde vorms, wat woes gewriemel het. Peter en ek het na die reuk gekruip. Twee jong meisies, dun soos skaduwees.

“Shh,” het ek getroos, en probeer om vertroostend te klink selfs al het my hart vinniger as ’n kolibrie s’n geklop. “Wees net baie stil” Ek het gesukkel om een muilband los te maak, en probeer om nie naar te word vir die baie slegte asem nie. Die muilband was slymerig in my hande toe ek dit versigtig probeer uittrek.

Peter was besig om die ander een los te maak. “Ons gaan julle hier uitkry.” Sy stem was diep en baie kalm.

“O , ek dink nie julle gaan nie,” het ’n sagte stem van die deuropening af gesê.

Raadslid Selvin Cupido. Vroeg tuis van die belastingbetalers vergadering – of het hy suspisieus geraak? Hy steek sy hand in sy sak. En– julle het dit geraai– hy het ’n klein, maar baie lelike pistooltjie uitgehaal.

***

Vertel ons wat dink jy: Sou jy hierdie tipe risiko geneem het en in die huis ingebreek het?