Marco en Alfie was confident hulle ma sou iets doen ommie trein-trip te stop voorit kan gebee. Maa tot hulle altwie se surprise, het sy mette smile haa kop geknik en vi hulle pa, Maxwell gesê, “Ek dink dai isse baie goeie idea. Omme bietjie tyd op jou eie mettie boys te spend.” It wassie vi niks riede dattie boys nie tyd met hulle pa gespend et ie. Hy wassie ’n lekke mens om tyd mee te spend ie. Unless jy ’n grootmens was, wie gehourit daavan om dronk en loud te raak. Dan was hyrie beste mens om te ken. As hy nugte was op wêksdae was hy soes dai song “Bohemian Rhapsody”, ’n mix van unpredictable emotions en stem-tones. Een moment sou hy ampe whisper as hy praat, die nex moment veskrie hy een vannie kinnes mette stem wat boom soese megaphone. Hy wasse rising wave, ennie boys het hulle asems opgehou tewyl it seemingly in slow motion neesak op hulle.

Die moment toe hulle pa sy rug drai, toe grill die boys hulle ma soese witness innie hof. Met meer rapid vrae as wat een pesoon op een tyd kan antwoord. Alfie, die oudste was soes altyd die kwaadste ennie mees determined om nie goed te doen wat hy nie wil doenie. Maa hullle ma wassie much een vi antwoorde gie nie. Alfie was strong-willed, mettie determination vanne stormwind, maa sy ma wasse rots. Marco was meestal determined om nie goed te doen wat sy ouer broe nie wou doenie. Wan soe much soes hy bang was vi sy pa, sou hy die lang trein-trip doen sône problems, soelank it hy en Alfie was. Die announcement vannie trein-trip was in August en tussenin het hulle vegiet en wee onthou vannie journey in November. Marco het tussenin twaalf jaa oud gewôd, nog altyd vie jaa agte Alfie, nog altyd vie trappe agte hom.

Die oggen vannie eeste dag vannie driedag-trip, is ammel four o’clock al wakke. Hulle pa het hulle self wakke gemaak. Innie kombys gekom, staan daa vi man-man ’n vrugtebak mieliemeel gereed. En hulle pa staan innie saloon-dee innie kombys, en drink sy java met sy blunt. “Kom, kom maak klaa,” is al wat gesê wôd. Daa issie need vi much meer as dai nie. Wan als wat yt hulle pa kom, klink soese threat virrie twie broes. Die stap stasie toe wasse lonely trip vi al drie van hulle, wan hulle pa stap te vinnag vi Alfie om by te hou, en in Alfie se stubborn determination om by te hou met sy pa, los hy vi Marco innie distance. Hulle pa kyk eenkee om om te sien of hulle nog daa is, en sê onne sy asem, “Kom, hoekom stap julle soe starag.”

Eventually stop Alfie, en wag vi Marco wie nou begin haloep et om by te bly. Alfie wie nooit kan wegstiek as hy sy temper veloo nie, vra angrily vi Marco hoekom hy soe starag stap. Marco try om ytasem te vedydelik dat hy op sy vinnagste stap. Alfie sal vi iets soe simple soes ieman wattie vinnag kan stappie sy temper veloo, maa hy sal oekie anstap sône Marco nie. Wat nieman gesêrit ie, maa wat obvious is vi Marco en vi Alfie oek, is dat sy jonger broetjie Alfie se responsibility is. Is hoe it altyd was. As hulle op hulle pa gan depend, gan Alfie en sy pa oppie trein eindig sône Marco. Yteindelik stop die gestappery wanne hulle by Mitchell’s Plain se treinstasie kom. Daavandaan vat hulle die trein Kaap toe, waa hulle trip rêrag gan begin.