Toe ek opkyk kom Natalie, Jaimie en Felix byrie hekkie in, “What’s the plan Mary Frann?” vra Jaimie inne sing-song stem. “Julle is boring,” sê ek. “’n Kus enne borrel oppie spot,” sê Felix.

Ôs ammel begin lag. “Jy drink skaas Felix,” sê Natalie.

“As jy twie kee sweet sixteen gewôd et, sou jy nie wou drinkie?” vra hy.

“As ek eenkee sweet sixteen gewôd het, sou ek gedrink et,” antwood Natalie.

“Jirre waa is my ouma, ek sit my liewe weg in die winkel,” sê ek en maakie venste toe.

Ôs al vie gan sit in my kame, ek maak my presents oep. “From Natalie. With lots of love.”

Dit isse teddy bear enne pak Marshmallows. Binne inne kaartjie annie teddy se oor staan, “For my Cindy, xx.”

Ek vra hardop, “Wie is Cindy?” ôs ammel bas yt vannie lag. Jaimie en Felix se gift isse sweater mettie line, “I am THAT BITCH!” Jaimie sittie music an. Ek en Natalie begin dans oppe sad song. Ek lyste net sad songs, folk music en rock music. Gewoonlik complain hulle, maa vandag sê nieman niks, wan is my birthday.

Innie back van my kop sien ekkie koevert wat ek somme gou innie side vannie stoel gedruk et. En ek voel hoe ek parts van myself begin af shut, dié is die laaste dag wat soe baie mense hie my gan ken.

My oupa kom klop annie dee, as ek oepmaak staan hy met sy twie manilla koeverte enne vraag op sy gesig. Ek sê, “Niks maakie Papa.” My oupa stap soe disappointed weg, dat ek sweer is hy wattie meeste ytsien na my ma se briewe. Ek issie upset ie. Ek wiet secretly need my ma vi my en as ek my twiede birthday acknowledge mean it sy decide wanne sy my ma is. Die beste moment vannie dag is ôs wat hie innie kame sit en lag en nonsense praat. Maarie tyd stap an, en kot voo lank is my ouma trug mette koek en biscuits enne klomp onnorage goed. Wat ek dink meer virre kêkmense is wie later gan kom bid vi my, as vi my.

Soesit vyfuur se kant toe drai, maak my vrinne een vi een excuses hoekom hulle graag innie diens sal wil sit maa rêrag ie kannie. Wanne die kêkmense opdaag hou hulle thankfully die diens kot. Die pastoo se hele priek was oo koek en drinks en chips en allie lekkegoed wat jou vanafie righteous path kan lead. Maa ek dink dai pastoo was honge. Selfs my ouma wie nie maklik jokes maak vannie kêkie, moes sê, “Jirlikheid, pastor het darem venaand geworstel teen dai soet mag.”

Toe ammel ees weg is en my oupa bietjie gan rus na ’n lang dag is ek finally wee allien. Ek offer somme vi my ouma om innie winkel te sit, al sê sy is my birthday soe ek moet afvat. Ek sê, “Nuu, moenie worry nie Mamma,” en soen haa op haa wang. En weg is sy, om haaself biesag te hou met iets annes.

Is nog vroegaan en die lug isse mooi donkeblou. Ek gan staan bietjie oppie stoep en stiek my entjie an. Instead van my playlist te speel, sit ekkie radio an, en ek staan by myself en lyste narie DJ’s se ramblings in my headphones. Soes ek staan en dink oo niks rêrag ie, kom dai song van Fleet Foxes oorie radio, “Helplessness Blues”. ’n Mooi song klink tien kee meer gorgeous as jyrit hoor oppe plek en tyd wat jyrit nie vewag et ie. Wanne die song kom byrie chorus, “What good does it do singing helplessness blues,” sing ek saam maa dan soes sout oppe rooi tamatie, val different woore op my tong, “What good does it do singing hyswinkel blues.”

Ek maakie brief oep wat ek heeltyd al avoid om te lies. “Dear Miss Smit. We are pleased to inform you your application to the New York Art Institute for 2024 has been accepted.” Ek sal vi Mama en Papa môre sê. Ek vourie brief toe, maakie entjie dood, en doenie ding wat ek al heeldag wil doen, ek staan en hyl my hart yt.

Vetel ôs: Wat dink jy vannie storie?