“Jysie snaaksie Natalie,” sê ek annoyed.

Natalie Davids is my beste tjommie, nes ek is sy oek ’n ouma-en-oupa-kind, nes ek is haa ma oek AWOL, maa meer innie emotional sense. Haa ma hette paa jaa trug by hulle kom bly na ’n paa jaa byte orbit. Sy hette ouer suste, ek isse single kind. Maa dan wee soes ek is haa pa oeke fokop van gehalte. Die dronk swerwer type wat net twie kee ’n jaa ytstiek mette gesteelde teddy bear enne pak Marshmallows. Haa pa bly by sy anne familie ’n paa strate weg. “Het jy al jou annual brief gekry vanaf jou annual ma af?” Sy is soe casual oo goed. Soms dink ek my vriende, even my beste vriende, wiet te veel. Mense wat te veel van jou wiet isse danger to your future. As ek eendag hie weggan, wil ek hê nieman moet my soe goed kennie. On the other hand, wiet ek self te veel van Natalie af, byvoobeeld dat haa ma haa naam vekeed gespel et op haa birth certificate, “Nathalee”. Vi Natalie is dittie grootste sign van disrespect, “Imagine jou ma is soe careless, sy fokken vul jou birth registration vekeed in. Soes, fok die baby, kry klaa. Ek moet haa abandon voo sy my ryk onthou,” het sy vi my eenkee gesê.

Ôs lyk even soes family. Ôs het dieselle oë en nies, net ôs monne is different. Sy lyk asof sy wil smile ie heeltyd, die kinnes byrie skool noem vi haa Smiley. Hulle noem vi my Sleepy omdat my oë soe vaak lyk. Sy is lig van klee en ek is wat mense noem bietjie donke van klee. Die grootste veskil tussen my en Natalie is dat ek byrie hyswinkeltjie-hys bly. Dai maak ôs practically ghetto royalty.

Die hyswinkel was my ma se idea, maa my ouma hettit inne biesagheid ve’anne. Die hyswinkel isse metaphor vi als wat my ma begin en my ouma klaa moet maak. Story of my life, too literally. My ouma se great entrepreneurial venture, die great spaza dynasty. “Aunty Lily spaza shop- where you can buy if you want to,” is wat oppie Coca-Cola sponsored sign geskryf staan. My ouma hettie ’n love vi woore nie. Sy hettie eeste, beste ding wat in haa kop gekom et op dai bôdjie gesit. My liefde vi woore kô van my ma af dink ek. My ma met haa lang briewe en kak gedagtes. En ek dink it is appropriate. Wan ek dink it is my liefde vi woore wat eendag my liewe gan opfok. It is dai selle liefde wat klaa sôg dat ek altyd allien voel saamie mense wat ek lief is voo. Ek voel soes dai Bukowski poem, “Alone with everybody”. Anne mense gebryk woore om te sê wat norag is. En ek wil woore gebryk om te sê wattie gesê wil wôtie. My ouma support my writing met confused squinting en kopknikke. Sy hettit ie in haa hart om vi my te sê sy dinkie dai is regte wêkie. My liewe lê oep voo my ouma se oë soese kot, straight pad wat einde byrie veldjie wat ôs pad skei vannie volgenne straat. Ôs bly inne nice neighbourhood, dis township maa soe two inches above die poverty line. Ammel in ôs straat wêk. Die helfte vannie mense het karre, die helfte vannie mense het vibracrete fences met hekke. Die wattie kêk stappie, stap masiet, die wattie masiet stappie, stap in stilte narie liquor winkel. Hulle drink ôdentlik, net op weekends en hulle drink vi hulle self. Vi my ouma is dai genoeg.

“Gan jy seriously wee die jaa sweet sixteen celebrate?” vra Natalie en try darem haa lag inhou.

Ek rol my oë en tel my rugsak op, sy maak die tynhekkie oep en ôs stap. Ek stiek ‘n cigarette an.

“Hou skyf,” sê Natalie.

“Puff, puff, pass,” gie ek vi haa die entjie.

“Jirre, my ma moet daai shit try!” sê sy.

“Oh please, moenie maak asof jou ma bieter issie,” sê ek.

“Ek wiet, ek mean maa. My ma is inne league van haa own.”

Ôs loep en roek in stilte vêder, totdat ôs byrie skool se straat kom waa ôs anne vrinne Jaimie en Felix byrie hek staan en wag.

Vetel ôs: Wat dink jy gan volgenne gebee?