Kago het by die huis gekom maar niks vir sy ma gesê nie. Dié oggend het hy opgemerk dat Spokes se bed nie in geslaap is nie. Kago het nie geweet wat Spokes se plan was nie. Hy het ook nie geweet wat hy behoort te doen nie. Spokes was deel van ’n wrede, onwettige hondegeveg sindikaat. Maar wat kon Kago doen? Spokes was sy neef. Hy het Tiger se kop gevryf. Was dit wat veronderstel was om met Tiger te gebeur? Sou hy in daardie hok gestoot wees en doodgebyt wees, net soos daardie bruin hond?
By die werk wou Kago met niemand praat nie. Hy het hard gewerk. Die fisiese pyn om sakke sement op te lig het hom gehelp om sy kop skoon te kry. Tydens middagete het Jojo hom gekry waar hy weg van die pakhuis, alleen onder ’n boom gesit het.
“ Waar was jy heeldag?” het sy gevra.
“ Hier rond.” Kago wou nie praat nie. Jojo het langs hom gaan sit, maar het niks gesê nie. Sy was daar om te luister en gou, alhoewel hy nie wou nie, het hy begin praat. “Jy weet, familie kan regtig ’n probleem wees.”
“Hoekom? Wat het gebeur?” vra Jojo.
“Gisteraand het ek uitgevind wat se tipe werk my neef doen wat hom al daardie geld laat verdien.”
“Ja? Wat is dit?”
“Hulle doen hondegevegte. Kan jy dit glo? Hulle wed op hondegevegte.”
Kago het verduidelik hoe hy na die pakhuis gegaan het en alles gesien het. “En jy sal dit nie glo nie. Weet jy waarvandaan hulle die honde kry? Vanaf die honde reddingsplek waar ons Tiger gekry het.
“Onmoontlik! Daardie plek is wettig. Hulle sal dit nie doen nie.” Jojo het dit nie geglo nie.
“Miskien weet hulle niks nie. Miskien kom hierdie ouens en neem net die honde wat nie deur hulle eienaars opgetel word nie.”
“Maar hoe weet jy dis honde van daardie plek?”
Kago het geaarsel. Moet hy haar vertel? Dit lyk of sy ’n spesiale plekkie in haar hart vir honde het. Maar sy het hom ook nie geglo nie. Dít sal haar van mening laat verander. “Jy weet daardie hond saam met Tiger, die bruin ene?”
“Ja, seker.”
“Toe ek gisteraand daar gewees het, is hy in die put gegooi by hierdie massiewe hond. Hy is binne ’n paar minute dood. Dit was ’n bloedbad. Verskriklik.” Jojo se oë het vol trane geskiet. Kago het sy arm om haar gesit. “Ek’s jammer.”
“Dis so aaklig. Hoe kan mense dit doen?” Het Jojo gesê.
“Ek weet nie. En ek weet nie wat ek veronderstel is om te doen nou dat ek daarvan weet nie.”
“Miskien kan ons vir die man vertel wat Tiger vir jou teruggegee het. Hy het gaaf gelyk. As hulle nie honde van hom kan kry nie, sal hulle geen honde hê om mee te veg en op te wed nie. Ek dink as hy weet wat hulle met die honde doen, sal hy kwaad wees. Hy sal na die polisie toe gaan. Hulle sal die hele ding toemaak. Dan sal dit uit jou hande wees.”
Die middagete sirene het geblaas en hulle het teruggegaan werk toe. Miskien was Jojo reg. Dit was verkeerd wat hulle besig was om te doen. Kago was kwaad omdat Spokes hom in hierdie posisie geplaas het. Hy het altyd die maklike uitweg gekies. Hy kon nie hard werk vir sy geld soos almal anders nie; in plaas daarvan het hy hierdie ding gedoen. Dit was verkeerd!
Na werk het Kago gou uitgeglip sonder om vir Jojo te sien, en ’n taxi gekry. Hy was op pad na Paws R Us. Miskien was Jojo reg. Hy sou die man vertel wat aangaan. Daardie man sal die polisie bel en alles sal oor wees.
* * *
Vertel ons wat dink jy: Is dit ’n goeie idee dat Kago sy neef oorgee? Is dit die regte ding om na die honde reddingsplek te gaan?