Die vrou stap toe na die mond van die Tugela-rivier toe waar die visarend jag. Toe sy hom sien, roep sy sy naam.

Die groot visarend skree vir haar terug. “KOW! kow-kow-kow! Waarom pla jy my terwyl ek jag?”

3

“O, wyse Visarend,” sê die vrou, “ek is op soek na stories. Weet jy waar ek stories kan kry?”

“Ja,” sê die Visarend, “ek weet wie jou kan help. Gaan na waar die rotse en die see mekaar ontmoet. Staan daar en roep die reuseseeskilpad.”