Elke dag wanneer die agtjarige Sisanda by die huis kom na skool, trek sy haar skooluniform uit, eet haar middagete en speel umlabalaba saam met haar oupa. Hulle het so baie pret om hul “koeie” om die bord te laat vlieg, dat sy nie wil ophou speel nie. Maar dan herinner haar oupa haar dat sy ’n bankbestuurder wil word wanneer sy eendag groot is.

“Hoe sal jy dit doen as jy nie hoërskool toe gaan nie?” terg haar oupa.

Sisanda lag net. “Ek sal hoërskool toe gaan, en universiteit toe ook. Dis hoekom ek so hard werk by die skool!”