“Wat ’n pragtige dag,” sê Mamma. “Opstaan, Nicholas.”
“Hallo, son,” sê Nicholas. “Goeiemôre, voëltjies.”
“Dis so ’n mooi dag,” sê Pappa. “Kom ons gaan hou piekniek by die rivier.”
“Mag my maatjie Jacob saamkom?” vra Nicholas.
“Moenie van my vergeet nie. Ek hou baie van pieknieks!” sê Donkie.
“Ek ook. Ek wil ook kom!” sê Hond.
“Volg ons,” sê die voëls.