Tjoeke paf, toet-toet, ry hulle deur die Vrysaat.

Die twee maats bewonder Bloemfontein se pragtige rose.

Oppad na Mahikeng, in die Noordwes, ontmoet hulle vir Rina, die renoster.

Die maats is haastig oppad na Polokwane, Limpopo.

Toet-toet! Hulle is laat. Die trein stop nie in Johannesburg, Gauteng nie.

Hulle sien net baie motors en mense in die besige stad.