Chanri en Boipelo gaan op ‘n avontuur deur Suid- Afrika.

Hulle begin in Kimberley, Noord-Kaap.

In Kimberley ontdek hulle die Groot Gat.

Tjoeke paf, toet-toet, reis hulle na Kaapstad in die Wes-Kaap.

Chanri en Boipelo pluk heerlike druiwe op die plaas.

Tjoeke paf, toet-toet, oppad na Bhisho in die Oos-Kaap.

Die twee maats het baie pret in die Olifantspark.